Mugabe waarsku teenstanders
Die afgedankte adjunkpresident van Zimbabwe vrees vir sy lewe nadat hy doodsdreigmente ontvang het.
Zimbabwe se pres. Robert Mugabe het Woensdag gesê die roete na die leierskap is lank en vol struikelblokke. Hy het sy afgedankte adjunk en voormalige beskermling, Emmerson Mnangagwa, beskuldig van ongeduld om hom op te volg.
Die 93-jarige Mugabe het ondersteuners by Zanu-PF se hoofkantoor in Harare toegespreek. Hy beskuldig Mnangagwa ook daarvan dat hy toordokters en profete geraadpleeg het as deel van sy veldtog om president te word.
Mnangagwa, wat Maandag deur Mugabe afgedank en uit Zanu-PF geskors is, sê hy het uit Zimbabwe gevlug omdat hy doodsdreigemente ontvang het en vir sy lewe vrees. Die hoof van die invloedryke vereniging van oorlogveterane, Chris Mutsvangwa, het gesê Mnangagwa sou binnekort na Johannesburg in Suid-Afrika vertrek.
Mugabe sê Mnangagwa, wat die bynaam “Crocodile” het, het dieselfde foute gemaak as Joice Mujuru, wat vir tien jaar die president se adjunk was voordat sy in 2014 afgedank is.
“Jy kan nie sê omdat die reis lank is, moet ek kortpaaie vat om vinniger by die bestemming te kom nie.
“Die pad het leeus. Daar is baie struikelblokke. Daar is dood. Pas op,” het hy gesê.
“Daar is geen kortpad om die leier van die volk te word nie, net soos daar geen kortpaaie was om onafhanklik te word nie.”
Zanu-PF sal stappe doen om Mnangagwa se “medesamesweerders” te dissiplineer, het Mugabe bygevoeg. Mnangagwa is nie in die openbaar gesien sedert sy afdanking nie, maar sy bondgenoot, Mutsvangwa, sê hy is “veilig en ver van sluipmoordenaars” verwyder.
Mutsvangwa sê Mugabe sal nie met mag uit die kussings gelig word nie, maar sê die oorlogveterane wat Mnangagwa steun en hul steun aan die president verlede jaar onttrek het, sal 'n breë front met die opposisie in volgende jaar se verkiesings vorm.
“Ons wil nie die weermag misbruik om 'n politieke probleem op te los nie,” het Mutsvangwa gesê. – Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie