MultiChoice nou u2018LessChoiceu2019
MultiChoice nou u2018LessChoiceu2019

MultiChoice nou ‘LessChoice’

Volgens ’n vakbondpresident maak MultiChoice se afleggings in die buurland nie sin in die lig van die “groot wins” wat onlangs bekend gemaak is nie.
Hanlie Stadler – Ictu, ’n vakbond vir werknemers in die inligtings- en kommunikasiesektor, het MultiChoice pas tot “LessChoice” herdoop.

Die vakbond het Sondagmiddag op ’n nuuskonferensie in Johannesburg gesê hy gaan MultiChoice se aankondiging Vrydagmiddag dat hy duisende mense moet afdank, beveg.

Die vakbond beskryf die beoogde herstrukturering as “onwettig” omdat MultiChoice glo nog nie met dié vakbond in gesprek getree het daaroor nie. Ictu sê hy verteenwoordig nagenoeg 1 790 van die werknemers wat geraak word.

MultiChoice het Vrydag aangekondig dat hy kennisgewings ingevolge art. 189-briewe van die Wet op Arbeidsverhoudinge aan 2 194 werknemers gaan gee. Dit is grootliks mense wat in takke en oproepsentrums werk en wie se dienste minder benodig word omdat mense na selfdienskanale soos DStv se webwerf en app oorskakel, volgens Calvo Mawela, MultiChoice se uitvoerende hoof.

Moeketse Lepheana, Ictu se president, sê MultiChoice het inbreuk gemaak op werknemers se regte. Mawela het Vrydag gesê hulle het wel voor die aankondiging met vakbonde onderhandel.

Lepheana het ’n beroep op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om ’n perk op te dwing op die salarisse van topbestuurders.

Lepheana sê MultiChoice se afleggings maak nie sin in die lig van die “groot wins” wat onlangs bekend gemaak is nie.

MultiChoice het Dinsdag in sy resultate vir die boekjaar tot einde Maart bekend gemaak sy inkomste het met 6% tot R50,1 miljard gegroei.

Die groep het egter ’n 60%-daling in sy totale voorbelaste wins tot R2,5 miljard gehad, wat beteken ná belasting het hy ’n verlies van R1,3 miljard gely. Dis teenoor 2018 se wins van R2,5 miljard.

Die groep het verlede jaar reeds herstrukturering gedoen en sê hy het R1,3 miljard bespaar.

Dit was die eerste stel resultate wat MultiChoice uitgereik het sedert sy ontknoping van Naspers in Februarie.

MultiChoice het Vrydag gesê van die mense wat geraak word, sal in ander poste aangestel word, maar die groep sê nie hoeveel van hulle nie.

MultiChoice bedryf die betaaltelevisiediens DStv sowel as die stromingsdiens Showmax.

MultiChoice sê vrywillige skeidingspakkette en ander ondersteuningsmiddele sal aan die betrokke werknemers gegee word. Die maatskappy sal ook enige studiebeurse van die werknemers aanhou betaal.

Intussen gaan MultiChoice ook nuwe poste beskikbaar stel binne die maatskappy waarvoor werknemers “met die relevante ervaring en vaardighede” aansoek kan doen. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!