MultiChoice stel Zambesi Magic bekend
MultiChoice stel Zambesi Magic bekend

MultiChoice stel Zambesi Magic bekend

Elvira Hattingh
MultiChoice Namibia het Woensdag 1 Julie die splinternuwe televisiekanaal Zambesi Magic bekend gestel, wat voortaan as die “tuiste vir suidelike Afrika televisievermaak” moet dien.
Zambesi Magic sal op DStv-kanaal 160 op die Premium- en Compact-pakkette beskikbaar wees.
“Die kanaal is pasgemaak vir die kyker in suidelike Afrika en sal die mees gesogte inhoud beskikbaar stel wat nog nie voorheen buite Suid-Afrika gesien kon word nie.
“Ons bied inhoud waarvoor kykers gevra het en die belangrikste: Ons versterk streeksbande in die vermaak­bedryf deur inhoud van verskillende Suidelike Afrika-lande,” het mnr. Roger Gertze, hoofbestuurder van Multichoice Namibia, tydens ’n mediakonferensie gesê.
“Ons doel is om die kanaal te wees wat gehalte inhoud uit suidelike Afrika aanbied en wat vertrou kan word om plaaslike stories te bied wat in kykers se agterplase gemaak is.
“Die kanaal versterk MultiChoice se vereenselwiging met die groeiende vermaakbedryf in Suider-Afrika en her­vestig ons rol om Afrika-vervaardigingsmaatskappye te steun en te ontwikkel,” het Gertze gesê.
Die kanaal het ook op 1 Julie amptelik begin uitsaai. Van die inhoud sluit in sepies soos Generations, Muvhango, Isidingo, Zone 14 en Jacob’s Cross en ook onderrigprogramme soos Intersexions­ en Yizo Yizo wat op verskeie sosiale kwessies fokus.
Cooking with Siba, Khumbul’ekhaya, Stokvel, City ses’La, The Coconuts, Kota Life Crisis, Skwizas en It’s for Life is ook van die programme wat uitgesaai sal word.
Gertze het gesê hulle is tans besig om Namibies-vervaardigde inhoud en rolprente vir onder meer gehalte te ondersoek, met die oog daarop om dit ook moontlik op Zambesi Magic uit te saai. Op die oomblik word geen Namibiese programme op die kanaal uitgesaai nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!