MUN in hof oor Swapo-kongres
Die vakbond vir mynwerkers sê afgevaardigdes “is met die kruiwa by die kongres ingedra”.
Catherine Sasman - Die Mynwerkersunie (MUN) het in ‘n laaste poging om die verteenwoordiging van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW) in die Swapo-kongres te verander, gister ‘n dringende aansoek by die hoërhof ingedien om die federasie se afgevaardigdes te verbied om aan die kongres deel te neem.
Dit vra ook dat Swapo nie die NUNW-afgevaardigdes moet toelaat om aan die kongres deel te neem nie en dat besluite wat op ‘n vergadering op 19 Augustus geneem is, waar die lys van afgevaardigdes opgestel is, tot niet verklaar moet word.
Tweespalt bestaan in die NUNW oor die lys – ‘n skeuring wat beskou word as ‘n weerspieëling van ondersteuning vir die sogenaamde Swapo-span en die Hage-span, asook die uitstoot van die NUNW-president, mnr. Ismael Kasuto.
Kasuto is steeds die MUN se president.
Die NUNW-afgevaardigdes wat die Swapo-kongres tans bywoon, is mee. en mnre. Anna Shiweda, Jacob Nghifindaka, Loide Shaanika, Job Muniaro, Safarina Kandere, Elijah Ngurare, Hilma Ushona, John Uushona, Lovisa Likali, Evans Mashahu, Julia Endjambi, Ester Nghipondoka, Jacob Penda, Justina Jona, Joseph Dinyando, en Petrus Nevonga.
Die MUN sê hierdie afgevaardigdes is met die “kruiwa by die kongres ingedra” en dat dit teenstrydig is met die grondwette van die NUNW en Swapo.
In die hofaansoek sê die MUN dat ‘n kennisgewing rondom 3 Augustus uitgestuur is oor ‘n vergadering van die sentrale uitvoerende komitee wat op 19 Augustus gehou sou word.
Dit sê daar was geen agenda aan die uitnodiging geheg nie en dat die genoemde vergadering teenstrydig was met die NUNW se grondwet omdat dit nie deur die sentrale uitvoerende komitee uitgeroep is nie.
Die MUN sê die sameroepers van die vergadering het steeds “op hul eie” voortgegaan en het besluite daar eensydig aanvaar.
Mnr. Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die NUNW, het glo by dié vergadering gesê dit was nie nodig dat die NUNW se grondwet gehoorsaam hoef te word nie - ondanks die feit dat die MUN-lede daarop aangedring het.
Die MUN sê ook die geaffilieerde vakbonde is nie deur die vereiste amptenare verteenwoordig nie.
Ter illustrasie sê hy die Nasionale Unie vir Staatsdienswerkers (Napwu) is deur me. Sarafina Kandere (visepresident) en mnr. Petrus Nevonga (generaal-sekretaris) en twee ander amptenare by die vergadering verteenwoordig.
Die MUN sê 19 Augustus se vergadering was daarom “heeltemal teenstrydig” met die NUNW-grondwet.
Die MUN sê voortshy is die enigste vakbond in die federasie wat sy lidmaatskap aan die NUNW volledig betaal het en dat die ander vakbonde daarom nie die reg gehad het om aan so ‘n vergadering deel te neem of besluite daar te maak nie.
Hy sê ook die insluiting van Nevonga as afgevaardigde na die Swapo-kongres voldoen nie aan Swapo se grondwet nie, omdat hy nie die NUNW-president is nie.
Nevonga is op 15 Oktober uit Swapo se sentrale komitee-vergadering geskop. Kasuto het toe die NUNW daar verteenwoordig.
Die MUN sê in sy dringende hofaansoek hy word nou benadeel, want Kasuto is onregmatig deur Nevonga op die Swapo-kongres vervang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie