Munisipale hoës geskors
Die uitvoerende hoof asook drie ander amptenare is met volle betaling geskors.
Leandrea Louw op Walvisbaai - Drie senior amptenare asook 'n junior personeellid is gisteroggend by die Walvisbaaise munisipaliteit geskors, hangende 'n ondersoek deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC).
Dit sluit in mnre. Muronga Haingura, die munisipaliteit se uitvoerende hoof, Augistino Victor, algemene bestuurder van gemeenskaps- en ekonomiese ontwikkeling, Jack Manale, bestuurder vir eiendom en behuising, asook me. Constance Summers, 'n eiendomsklerk.
Dit volg nadat die ACC op 9 Desember op die kantore van vier amptenare toegeslaan het en onder meer op rekenaars en selfone beslag gelê het.
Die ACC ondersoek bewerings van korrupsie. Dit hou verband met 'n beweerde gebrek aan deursigtigheid en onverklaarde geld wat vermoedelik tot die massabehuisingsprojek behoort.
Die ondersoek is van stapel gestuur nadat N$24 miljoen van 'n projek waarin stedelike dienste op grootskaal verskaf moes word, glo weggeraak het.
Volgens mnr. Knowledge Ipinge, 'n voormalige stadsraadslid van Walvisbaai, wat die eerste was om die fluitjie te blaas oor “miljoene wat ontbreek” by die munisipaliteit, sê die geld was geoormerk om erwe by Kuisebmond-uitbreidings (5, 6, 7 en 10 ) en Narraville-uitbreidings (7, 8, 9, 10, 13 en 15) te diens.
“Die Walvisbaai-munisipaliteit het N$230 miljoen aan kontrakteurs betaal wat huise moet bou. Altesaam N$24 miljoen se erwe is in huiseienaars se name geregistreer, maar die geld het tot dusver nog nie die bankrekeninge van die munisipaliteit bereik nie. Gevolglik word dit nie in die geouditeerde finansiële state weerspieël wat aan die streekraad voorgelê is nie.”
Sedert September is nog geen verklaring gekry oor waar die geld is nie.
REAKSIE
Die munisipale woordvoerder, me. Anita Kaihiva, het in 'n verklaring gesê 'n buitengewone raadsvergadering is Dinsdagoggend gehou waar besluit is om die verkope van erwe tot verdere kennisgewing op te skort.
Daarbenewens is besluit dat die bestuurskomitee die raad van hul vorige beleide oor die verkoop van erwe moet voorsien, sodat dit ondersoek kan word en 'n ingeligte besluit oor die pad vorentoe geneem kan word.
Sy het bevestig die bogenoemde vier is met volle betaling geskors. Volgens haar is dit sodat die ondersoek ongehinderd kan voortgaan en te keer dat moontlik met rekords of dokumente gepeuter word.
“Daar is ook besluit dat alle munisipale kantore, persele en dokumente tot verdere kennisgewing verbode vir hierdie geskorste amptenare is.”
Verder is die hoofbestuurder van finansies, mnr. Frans Gonteb, as waarnemende uitvoerende hoof vir die duur van die ondersoek en skorsing aangestel.
Kaihiva sê verder die raad wil aansoek by die ministerie van finansies doen vir die vrystelling van verkrygingsprosesse, sodat die dienste van 'n eksterne ouditeur verkry kan word.
“Dit is om die verslag te verifieer oor die wanbesteding van geld op die verkoop van erwe en eiendomme, soos opgestel deur die departement van finansies, asook om gespesialiseerde regsdienste te bekom in geval tugstappe op die ondersoek volg.”
Dié voorstelle is deur die raadslid mnr. Leroy Victor (die voorsitter van die bestuurskomitee) en die raadslid, me. Olivia Andrews, ondersteun. Ander raadslede wat by die vergadering teenwoordig was, is mnre. Trevino Forbes (burgemeester), Richard Haoab, Ronald Bramwell, Stanley Bikeur, Ephraim Shozi en me. Albertina Nkoshi. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie