Munisipaliteit het ’n plan
Tanja Bause – Meer as ’n week nadat die eerste grond in Otjomuise gegryp is, het die munisipaliteit van Windhoek hom amptelik hieroor uitgespreek.
Verlede week het mense ook grond op die hoewes by Nubuamis Hills begin skoonmaak en vir hulle sinkhuise opgerig. In beide gevalle het inwoners gesê hulle is moeg vir leë beloftes van die munisipaliteit en veral van die burgemeester, dr. Job Amupanda.
“Ons versoek inwoners om hulle te weerhou van onwettige optrede en liewer die relevante kantore van die munisipaliteit vir leiding te raadpleeg,” lui die verklaring.
In Februarie 2021 het die stadsraad besluit om huishoudings met ’n werklike behoefte aan verblyf wat buite onbeplande informele nedersettings woon – insluitend diegene op die waglys – toe te laat om informele nedersettings te betree waar ruimte vir residensiële doeleindes nog beskikbaar is.
Elke versoek word op eie meriete beoordeel en die behoefte moet as eg bewys word.
“Indien die huishouding toegelaat word sal ’n sertifikaat van erkenning van beset uitgereik word. ’n Aansoek moet by die departement van behuisingseiendomsbestuur en menslike nedersetting ingedien word. Om die aansoekproses te vereenvoudig, is daar ’n standaardvorm beskikbaar.”
“Mense word aangemoedig om dié proses te volg, pleks van om grond te gryp. Grondgrypery sal nie in Windhoek geduld word nie.
“Om te wys ons is ernstig om huishoudings in die informele nedersettings te help, het ons vir die periode van Julie 2020 tot Julie 2021 die volgende bereik. Ons het van 31 864 huishoudings ’n opname gemaak en 24 150 van die vorms in ons databasis opgeneem. Ons het 22 733 sertifikate van erkenning van besetting uitgedruk, waarvan 16 129 reeds uitgereik is.”
Volgens die verklaring werk die munisipaliteit ook daaraan om die waglys te publiseer en om die vooraf-toekenning van grond in lae-inkomste gebiede te versnel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie