Music in the Dark ten bate van gesiggestremdes
Music in the Dark ten bate van gesiggestremdes

Music in the Dark ten bate van gesiggestremdes

Die Oculus-sigsentrum bied einde vandeesmaand ‘n spesiale geleentheid in Windhoek aan om geld vir die skool vir gesiggestremdes in die hoofstad in te samel. Music in the Dark vind op 27 September van 18:00 af by Take Note in die Bougainvilla-sentrum in die hoofstad plaas.

Die sigsentrum is in Junie vanjaar amptelik deur die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, me. Juliet Kavetuna, geopen en is die eerste lae sigsentrum in Namibië. Oculus, met mee. Michelle Opperman en Chantal Overvliet aan die stuur van sake, maak van die jongste tegnologie en opleiding gebruik om gesiggestremde pasiënte in staat te stel om onafhanklik te funksioneer en ‘n vol lewe te lei.

Die sentrum het tydens verlede jaar se Music in the Dark-geleentheid N$45 000 vir die skool ingesamel, wat gebruik is om elke klaskamer se mure in helder kleure te verf. Oculus se projek vir die skool vir aanstaande jaar is om elke leerling by die skool vir lae sig te evalueer in ‘n poging om die sigbehoeftes van elkeen van die kinders te identifiseer en te kategoriseer. Occulus streef daarna om gesigverlies deur die vroeë ontdekking en behandeling van oogsiektes te voorkom.

Navrae oor en besprekings vir Music in the Dark kan aan [email protected] gerig word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!