Musiek hou kinders uit die strate

Vandag is 15 kinders tussen die ouderdom van 14 en 25 deel van die Amazing Grace Brass Band in Katutura.
Tanja Bause
Tanja Bause – Tydens die eerste hoktyd verlede jaar is die Amazing Grace Brass Band in Katutura op die been gebring om kinders wat nie skool toe kon gaan nie, uit die strate te hou. Vandag is 15 kinders deel van die orkes en tree hulle gereeld op.

Alwina Haman is die stigter en die onderwyser van die orkes.

“Ons het die orkes begin met vier lede en drie ou instrumente wat ek en my ma jare tevore gekoop het. Almal is kinders uit die omgewing, tussen die ouderdom van 14 en 25.”

Sy het by die Reform Brass Band geleer om trompet te bespeel.

Michael Haman senior is deur iemand genader wat 'n voorlegging in Duitsland moes gee en om hulp kom aanklop het.

“Die man het 'n kopie van Hendrik Witbooi se Bybel gehad wat in Nama was. Hy het gevra of ek van dit kan oorskryf. Ek het dit gedoen en sommer ook vir hom vertaal. Dit is as gevolg van dié man en die Duitse ambassade dat ons nege instrumente gekry het,” het hy gesê.

“Die orkes het die kinders geweldig deur die onmoontlike tye van Covid-19 gehelp. Dit was 'n baie moeilike en onseker tyd vir baie kinders en die musiek het hulle gehelp om deur dit te werk,” het hy gesê.

Elzaan Cloete (18) speel die trompet. “Dit het vir my baie interessant geklink toe ek die ander hoor speel en ek het daarin begin belangstel. Ek geniet dit verskriklik baie.”

Michael Haman (15) speel ook die trompet en hy wou besig bly en nie op straat wees nie.

“Ek het groot geskrik toe ons die eerste keer opgetree het, want daar was so baie mense voor ons.”

Beide Hendrik Jager (14) en Eljer Fredericks (17) het ook by die orkes aangesluit om uit die strate te bly.

“Ek was baie bang met die eerste optredes. Ek was bang ek maak 'n fout by die begrafnis of troue waar ons optree en wat sal die mense dan van my dink. Intussen het ons baie meer geoefen en ons weet wat ons doen,” sê Eljer.

Die orkes tree by verskeie geleent­hede op en kan by 081 603 3665 bespreek word.

“Ek sê altyd vir die lede, ons is nie die hoenders wat ons by die huis aanhou nie. Ons is arende wat hoog gaan vlieg en ver sal gaan met die groep,” het Alwina gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!