Musiek onder die sterre
Die Ou Apostoliese Kerk van Namibië in samewerking met die leerlinge en dosente van die Kunstekollge (Cota) bied vanaand 'n geldinsameling in die vorm van 'n klassieke musiekkonsert onder die sterre by die Affiespark-sportterrein aan.
Die geleentheid beloof om 'n asemrowende, rustige en gekultiveerde atmosfeer te skep. Daar sal geen alkohol wees nie, wat dit 'n wonderlike gesinspiekniekstyl-geleentheid maak. Neem 'n kombers of kampstoel saam en kom span onder die sterre met strelende klanke en goeie geselskap uit.
Die geldsinsameling word vir die kerk se Sondagskool gehou, en sodoende die jeug- en seniorburger-programme te ondersteun wat die kerk deur die jaar aanbied.
By stalletjies van onder meer DikkiLicious, Indolicious, Dim Sum, Schnitzel King, Seattle Coffee en Deluxe Coffee Works sal onder meer versnaperings verkoop. Eet- en drinkgoed in 'n piekniekmandjie kan ook by die geleentheid gekoop word.
Die kerk bedank sy borge Officeconomix, FP du Toit Transport, Novel Motor Company en Bio Dynamics, asook Prime Press wat die drukwerk van kaartjies en plakkate borg.
Die kaartjies is by SpecSavers en EventsToday beskikbaar, of kan direk by Zelda Gouws by 081 244 6001 gekoop word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie