Musiek teen die euwels
Lesse in verskillende instrumente is vir twee pensioenarisse van Mangetti 'n hartsaak, en hulle doen dit onder meer om kinders en jongmense 'uit die strate te hou'.
Henriette Lamprecht
Sy liefde vir musiek en die begeerte van hom en sy vrou om werklik te dien, het die Francis-egpaar na die gemarginaliseerde San gelei – die Hei-||om, Zu|hoa; Khoe en |Khu.
Nie net kinders en jongmense nie, maar ook volwassenes kan by Jack (68) en Rubertine (67) Francis leer hoe om musiekinstrumente, van die viool tot die klarinet, te speel. Die opleiding sluit ook die lees van note in.
Dié spesiale musiekprojek het in 2006 sy eerste treë op Tsintsabis by 'n plaasskool gegee – 'n nedersetting sowat 65 km noordoos van Tsumeb.
Eers is op jongmense in die gemeenskap en daarna op skoolkinders gefokus.
“Ons wou jongmense en kinders trek en het ook kos voorsien aan dié wat afgerig word. As daar kos is, dan kom hulle,” sê Jack.
Op Tsintsabis is musiekklasse aanvanklik tydens kunsperiodes aangebied.
“Namiddae was dit dié kinders wat wil verder leer se beurt.”
Hier gaan die projek tans volstoom voort, met die musikant mnr. Werner Uri-#Khob wat steeds kitaar- en vioollesse aanbied.
Sedert 2015 is Mangetti Duin die basis van die musiekprojek, waar klasgee nie net in 'n klaskamer gebeur nie, maar ook smiddae onder 'n boom.
“Die laerskoolkinders is eers skaam – dit hang af hoe jy hulle benader. Dit verg menslikheid en vriendelikheid om hul vertroue te wen,” sê Jack.
Hy vertel die kinders leer vinnig om musiek “uit die kop te speel” en hulle kan ook note lees.
Die kinders kry ook die geleentheid om hul vaardighede tydens uitvoerings by skole en kerke met die gemeenskap te deel.
Danksy 'n bussie wat deur Duitse vriende geskenk is, kan die groepie ook op ander dorpe optree.
“Ons het al by die Lutherse kerk opgetree en ook by die Arts Performance Centre op Tsumeb,” sê Jack.
Vervoerkoste betaal die Francis-egpaar egter self, en hul projek kry geen ondersteuning van die regering nie.
“Ons kom uit 'n Christelike huis. Ons het saam met ons kerk sendingwerk in Botswana gedoen. As ons die krag het en ons het die vaardighede, dan moet ons dit mos met ander deel. Dis 'n belofte wat ons aan die Here gemaak het, om voor ons doodgaan, siele vir die Here met musiek te werf.”
Jack en Rubertine het 13 kleinkinders en moet dikwels hul pensioengeld gebruik om die koste van die projek te dek.
Die musiekklasse is vir hulle ook 'n manier om kinders en jongmense uit dié arm gemeenskap “uit die strate te hou”.
“Vroeë swangerskap, alkohol- en dwelmmisbruik en erge armoede vier hoogty hier. Musiek is 'n manier om hulle van dié euwels weg te hou.”
Mense wat graag by die projek betrokke wil raak of kos, klere en kontant wil skenk, kan vir Jack by 081 218 4182, Rubertine by 081 805 8874 of hul seun Ruberto Jack by 081 300 7444 skakel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie