Musiek vir die gees
Kunstenaars speel ‘n kritieke rol in die vestiging van aandag op maatskaplike kwessies.
Die Numba Busy Entertainment-produksiemaatskappy werk saam met die Namibiese Vereniging vir Geestesgesondheid om bewustheid van geestesiektes onder Namibiërs te bevorder.
Volgens mnr. John Max van die Namibiese Vereniging van Komponiste en Musikale Outeurs (Nascam) ervaar Namibië ‘n magdom sosioëkonomiese uitdagings.
Dit sluit ’n hoë werkloosheidskoers, ‘n knellende ekonomie, hoë misdaadsyfers, alkohol- en dwelmmisbruik en die hoë voorkoms van geslagsgeweld in die land in.
Volgens Max raak dié uitdagings veral jongmense en die kwesbaarstes in die land.
Hy sê nou is dus ’n goeie tyd om Numba Busy bekend te stel en geestesgesondheid te ondersteun.
Die produksiemaatskappy is reeds die tuiste van vyf jong Namibiese kunstenaars, waarvan twee gevestig is en drie opkomende kunstenaars is.
Max het die maatskappy geloof vir hul aansluiting by die stemme wat geestesgesondheid in Namibië ondersteun omdat die mag van kunstenaars as rolmodelle nie onderskat moet word nie.
“Musiek se vermoë om maatskaplike euwels aan te spreek, kan nie ontken word nie,” sê Max.
Volgens hou geestesgesondheid verband met die kommerwekkende hoë voorkoms van geweld teen vroue en kinders, moord en verkragtings in die land.
“Ek is oortuig daarvan musiek is een van die sleutelmaniere om openbare gesprek teweeg te bring. Ek glo ook musikante as openbare figure speel ‘n kritieke rol in die Namibiese ruimte om ‘n stem teen en aandag op maatskaplike euwels te bevorder.”
Max beklemtoon geestesgesondheid is nie net ’n kwessie onder kwesbares nie, maar ook onder welaf en vooraanstaande lede van die gemeenskap.
“Ook op ons jeug wat môre se leiers is.”
Max doen ‘n beroep op kunstenaars en musikante om hulle by die stryd om geestesgesondheid aan te sluit.
Dr. Isak Neema, Numby Busy Entertainment se uitvoerende hoof, sê die bewusmakingsveldtog skop in die Khomasstreek af, met ’n spesiale fokus Wêreldgeestesgesondheidsdag in Oktober.
Die res van die streke sal dan volg en daar sal op jongmense in laer- en hoërskole gefokus word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie