Musiek vir hoop
Paaskonsert verenig wêreld in isolasie
Op Paassondag, 12 April, het die Italiaanse tenoor Andrea Bocelli verskeie rekords laat spat met ‘n emosiebelaaide solo-optrede wat regstreeks op YouTube uitgesaai is vanuit die Duomo-katedraal in Milaan.
Dié geskiedkundige gebeurtenis het op sy piek 2,8 miljoen kykers gelyktydig bereik, wat dit een van die grootste regstreekse musiekoptredes van alle tye maak, asook die rekord kykergetal in YouTube-geskiedenis behaal vir ‘n klassieke optrede wat regstreeks uitgesaai word. Die opvoering is binne 24 uur meer as 28 miljoen keer regoor die wêreld gekyk. Selfs voor die konsert het daar reeds 1 miljoen mense in spanning gewag vir die uitsending om te begin.
Bocelli se Music for Hope-opvoering het die wêreld aan die gons en is in meer as 100 lande wêreldwyd gekyk. Binne 48 uur was dit die gewildste video op YouTube in verskeie lande, waaronder Amerika en die Verenigde Koninkryk. Miljoene van verskillende ouderdomme en agtergronde vanoor die wêreld het op Paassondag virtueel bymekaargekom vir dié 30-minuut uitsending, wat intussen al meer as 35 miljoen keer gekyk is. Dít maak die gebeurtenis die grootste regstreekse klassiekemusiekkonsert ooit.
Agter die skerms was dit beslis ‘n uitdaging om die konsert binne die bepaalde beperkings op te neem, asook om die klank- en beeldmateriaal onmiddellik beskikbaar te stel. Die opname was binne ure op digitale stroomdienste beskikbaar.
Die doel van die konsert was om ‘n boodskap van liefde, genesing en hoop aan die wêreld te bring in ‘n tyd waar almal dit nodig het.
“Die oorweldigende reaksie het ons wildste verwagtinge oortref. Dit het my diep ontroer. Vir gelowiges en Katolieke soos ek dien gebeure soos dié net weereens as bevestiging dat die Hemelse Vader met ‘n glimlag op Sy kinders neerkyk. Dit was ‘n ongelooflike eer en voorreg om my stem aan miljoene mense se gebede te verleen. ‘n Klein wonderwerk wat die wêreld bymekaar gebring het en my weereens hoop gee vir die toekoms van ons planeet. Ek wil almal wat vir weke agter die skerms gewerk het bedank – die bestuurspan tot die platemaatskappy en veral dié wat gedeel het in die oomblik,” het Bocelli gesê.
Met begeleiding van die orrelis Emanuele Vianelli het Bocelli ‘n seleksie uitgevoer wat noukeurig uitgesoek is. Die gewilde Bach/Gounod-toonsetting van Ave Maria en Franck se Pianis Angelicus. Hy het die optrede afgesluit met Amazing Grace, waar hy in stilte uit die katedraal gestap het na die trappe wat op ‘n verlate markplein uitkyk – ‘n ongekende gesig vir dié landmerk – om die eerste reël sonder enige begeleiding te sing.
“Musiek het die mag om gemeenskappe van regoor die wêreld op unieke maniere bymekaar te bring. In tye soos dié is dit noodsaaklik dat ons aanhou kommunikeer deur musiek. Dit was vir YouTube ‘n eer om ‘n rol in dié geskiedkundige gebeurtenis te hê,” het Lyor Cohen, YouTube se musiekhoof, gesê.
Dickon Stainer, die uitvoerende hoof van die Global Classics & Jazz, Universal Music groep het gesê Bocelli se musiek was “salf vir die siel van die wêreld” terwyl Filippo Sugar, president van Sugar Music op sy beurt gesê het Music for Hope se sukses dien as bewys van die wêreld se begeerte om ‘n oomblik van gebed en hoop te deel.
Maverick Management se Francesco Pasquero en Scott Rodger het bygevoeg: “Andrea Bocelli het te midde van die globale krisis bewys sy stem het die mag om mense in solidariteit bymekaar te bring, ongeag van hul verskillende agtergronde.”
Bocelli het geen betaling vir die opvoering, wat op uitnodiging van die stadsbestuur en die katedraal was, gevra nie. Dit is vervaardig deur Sugar Music, Universal Music Group en Decca Records.
Die Andrea Bocelli Foundation (ABF) het ‘n veldtog van stapel gestuur om fondse in te samel om toerusting vir hospitale vir beskerming van gesondheidwerkers aan te koop. Jy kan bydra deur GoFundMe by https://www.gofundme.com/f/wk67wc-abfxcamerino of kontak die ABF by [email protected].
Kyk na die Music for Hope-opvoering by YOUTUBE.COM/ANDREABOCELLI. Die opname is ook op digitale stroomdienste beskikbaar.
Bron: Universal Music

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie