Musieklegende se stem stil
Musieklegende se stem stil

Musieklegende se stem stil

Lloyd Zandberg
Lloyd Zandberg - Die geliefde Suid-Afrikaanse musikant, Brian Finch (72), het Sondag sy maande lange stryd teen kanker verloor.

Finch en sy vrou, Marion, woon al jare op Prins Albert, ’n klein dorpie in die Wes-Kaap.

Hy was destyds deel van die groep Finch and Henson, wat veral bekendheid vir die liedjie “Oh Brother (You've Got a Long Way to Go)” verwerf het.

Later het Finch ’n solo-loopbaan gevolg en meer as 14 albums opgeneem.

Bekende albums is onder meer Beautiful Feeling, Eden, Never Look Back en Hero of Heroes.

Finch roer al sedert die vroeë 50’s menige musiekliefhebber vanoor die wêreld se hartsnare met sy oorspronklike klanke.

Hy spog ook met honderde regstreekse opstredes.

Hoewel Finch gereeld in Suid-Afrika opgetree het, was hy geen vreemdeling vir die Namibië nie.

’n Huldeblyk is gister en Sondag in die sosiale media oor die verlies van ‘n legende versprei.

Finch laat Marion, sy dogter Tanya, seun Ron en twee kleinkinders agter.

Geen begrafnisreëlings is in hierdie stadium bekend nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!