Musiektoekennings vind aanlyn plaas
Musiektoekennings vind aanlyn plaas

Musiektoekennings vind aanlyn plaas

Die langverwagte Namibiese Jaarlikse Musiektoekennings (NAMAs), wat vanjaar vir die tiende keer aangebied word, sal binnekort afskop.

Dié keer sal die seremonie egter regstreeks en aanlyn uitgesaai word en oor verskeie weke strek.

Die NAMAs sou aanvanklik op 2 Mei by die Swakopmund Dome plaasvind, maar weens die Covid-19-pandemie en gepaardgaande inperking is die geleentheid vir tyd en wyl uitgestel.

Die uitvoerende komitee het onlangs trots aangekondig die tiende NAMAs sal vanjaar aanlyn plaasvind.

“Die geleentheid sal oor agt naweke plaasvind. Ons begin op Saterdag 15 Augustus en eindig op Saterdag 14 November. Ons sal vier kategorieë se wenners oor 'n naweek aankondig – twee op ­Saterdag en twee op Sondag. Al die 'mini-NAMA-toekennings' begin om 16:00,” verduidelik die uitvoerende hoof van die NAMAs, mnr. Tim Ekandjo.

VERSKIL VAN VORIGE JARE

Dit verskil van vorige jare omdat elke benoemde kunstenaar in die verskillende kategorieë vanjaar die geleentheid sal kry om op te tree. Die wenners sal ná die ­optredes aangekondig word en die prysgeld sal daarna aan hulle oorhandig word.

“Vanjaar ontvang elke ­benoemde kunstenaar ook N$3 000 vir hul deelname, aangesien die pandemie baie van hul ­inkomste en lewensbestaan geknou het. Buiten dit sal alle winste uit die kaartjieverkope na 'n Covid-19-­verligtingsfonds gaan, wat plaaslike kunstenaars 'n ­hupstoot in hul loopbane kan gee,” sê Ekandjo.

Slegs mense wat kaartjies gekoop het, sal toegang tot die regstreekse vertoning hê.

Kaartjies is by Webtickets Namibia en landswyd by Pick n Pay-winkels beskikbaar.

Sodra jy 'n kaartjie gekoop het sal jy 'n SMS ontvang met jou persoonlike inteken-besonderhede wat jou toegang sal gee tot die “vertoning”.

Al die vertonings sal in 'n latere stadium op NBC uitgesaai word.

“Geen gaste sal die geleentheid kan bywoon nie, behalwe die borge wat steeds die geleentheid sal kry om hul toekennings aan die wenners te oorhandig. Die res van die land kan 'n opwindende agt naweke 'mini-vertonings' aanlyn en teen 'n minimale koste geniet,” het Ekandjo bygevoeg.

GUNSTELINGE

Die geleentheid vir die publiek om vir die beste Pan Afrika-kunstenaar van die jaar te stem, het reeds in Mei vanjaar gesluit, maar die geleentheid om vir Liedjie van die Jaar te stem is oop tot 24 Oktober om 14:00.

Oor die naweke sal mense kan stem vir die vyf kunstenaars wat hulle graag weer wil sien optree en hul gunsteling sal op Sondag 8 November amptelik die 10de NAMA-toekenningseisoen afsluit.

“Ons wil graag ons medeborge bedank. Die Namibiese Kunsteraad (NACN), Air Namibia, Standard Bank, Namibia Diamond Trading Company (NDTC), Namibië Statistiekagentskap, die Namibiese Vereniging van Komponiste en Outeurs van Musiek (Nascam), die Namibiese Filmkommissie, die Namibiese Sportkommissie, MTC Nestor Sunshine Promotions, Namibia Wildlife Resorts, die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië (Namcor), Mikel Jes, Windhoek Airport Transfer & Tours, Trip Travel, Simply You Magazine & Lifestyle Awards en MTC Windhoek Fashion Week vir hulle lojale ondersteuning,” het Ekandjo afgesluit.

Die geleentheid word deur MTC en NBC aangebied.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!