Musk en Buffet stamp koppe oor lekkergoed
Selfs Warren Buffett kan nie van die politieke en sosiale debatte wegskram wat na die korporatiewe wêreld oorspoel nie.
Die 87-jarige miljardêr en voorsitter van Berkshire Hathaway moes op die groep se jaarvergadering die naweek in Omaha in die Amerikaanse deelstaat Nebraska vrae beantwoord oor pres. Donald Trump se handelsbeleid, asook oor wapens en geslagsgelykheid.
Hy en sy medevoorsitter Charlie Munger (94) het selfs met die Suid-Afrikaans-gebore tegnologie-entrepreneur Elon Musk vasgesit. Hulle het gereageer op Musk se onlangse mening dat sogenaamde “gragte” – 'n unieke mededingende voordeel wat keer dat 'n maatskappy enige sterk mededingers kan kry – 'n uitgediende konsep is. Volgens Musk is dit die pas van innovasie wat tel.
Buffett het die naweek teruggekap en gesê Musk het op sommige terreine die wêreld omgekeer, maar hy glo nie Musk wil met Berkshire Hathaway in die lekkergoedbedryf meeding nie – met verwysing na See's Candies.
Musk het Saterdag op Twitter teruggekap en gesê hy is doodernstig dat hy 'n wonderlike lekkergoedmaatskappy gaan begin.
Buffett het die meeste ander omstrede vrae netjies gesystap en herhaal dat hy nie sy persoonlike politieke menings op die bedrywighede van Berkshire Hathaway se onderliggende maatskappye afdwing nie.
Hy sê hy gaan nie van die groep se motorversekeraar, Geico, verwag om potensiële kliënte te vra of hulle aan die National Rifle Association behoort nie.
Die jaarvergadering het danksy Buffett se beleggingsukses oor die jare 'n feestelike atmosfeer aangeneem, met beleggers wat deur uitstallings van die groep se ondernemings loop terwyl hulle Dairy Queen se Dilly-stafies eet.
Buffett is gepols oor sy belegging in die bank Wells Fargo, wat geruk is deur 'n skandaal oor vals rekeninge. Maar Buffett sê hy steun steeds die bank, hoewel hy glo die bank het foute gemaak en die verkeerde aansporings gehad. Berkshire Hathaway is die grootste aandeelhouer in Wells Fargo.
Buffett, wat vir Hillary Clinton in die 2016-verkiesing gesteun het, het weggeskram van vrae oor Trump en gesê hy glo Amerika en China sal die spanning oor hul handelsbande oplos.
Berkshire Hathaway het vir die eerste keer sedert 2009 'n netto verlies van US$1,14 miljard gely. Buffett het beleggers verseker die groep sal nadat hy al die toneel verlaat het steeds aktief transaksies doen, en die eerste plek wees vir maatskappye wat 'n koper soek. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie