Musk en u2018pedou2019-duiker eersdaags in die hof
Musk en u2018pedou2019-duiker eersdaags in die hof

Musk en ‘pedo’-duiker eersdaags in die hof

Reuters – ’n Amerikaanse regter het Vrydag beslis die omstrede sakeman Elon Musk, uitvoerende hoof van Tesla, moet wel weens laster in die hof verskyn.

Vernon Unsworth, ’n Britse grotduiker, het Musk in September 2018 verkla nadat hy glo in ’n twiet na hom as ’n “pedo ou” verwys het.

Unsworth het verlede jaar gehelp om ’n Thaise sokkerspan en hul afrigter uit ’n grot in die noorde van die land te red.

Musk (47) en Unsworth (63) is haaks sedert die duiker ’n duikboot vir die redding in die grot beskikbaar gestel het en Musk dit as ’n “beeldpoetstruuk” afgemaak het.

Afgesien daarvan dat Musk na hom verwys het as ’n “pedofiel”, het hy hom in ’n reeks e-posse aan Buzzfeed News ook ’n “kinderverkragter” genoem.

Regter Stephen Wilson van Los Angeles het beslis daar is ’n redelike kans dat ’n jurie sal beslis dat Musk se aanmerkings meer is as net ’n opinie en dus lasterlik is.

Derhalwe word die saak op 22 Oktober aangehoor.

Die regter het Musk se aansoek om die saak tersyde te laat stel einde April van die hand gewys sonder om ’n rede te verskaf.

Musk se prokureurs het nog nie op ’n versoek om kommentaar gereageer nie. Hulle het vroeër aangevoer dat hul kliënt se uitlatings neerkom op sy reg tot vryheid van spraak soos deur die Amerikaanse grondwet beskerm word. Hulle het toegegee dat die opmerkings “oordrewe” was, maar binne die perke van wat wetlik toelaatbaar is.

Wilson was egter nie daarvoor te vinde nie en het beslis dat daar gronde vir ’n lastersaak is.

“ ’n Redelike navorser sal maklik kan bepaal of die verweerder se uitlatings feitelik is of nie,” het hy beslis.

Unsworth se prokureur, L. Lin Wood, het in ’n e-pos aan Reuters gesê die regter se uitspraak maak dit duidelik dat uitlatings op Twitter jou nie van vervolging vrywaar nie.

Unsworth eis minstens $75 000 in kompenserende skadevergoeding, sowel as ’n bykomende bedrag in bestraffende skadevergoeding. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!