Musk se belediging kos Tesla US$2 miljard
Musk se belediging kos Tesla US$2 miljard

Musk se belediging kos Tesla US$2 miljard

Die miljardêr se bekgeveg met die Britse duiker het verlede week begin nadat reddingspanne sy aanbod verwerp het om 'n miniduikboot wat sy vuurpylmaatskappy gebou het, te gebruik.
Tesla se aandeelprys het Maandag met 3,5% geval nadat Elon Musk, sy ­uitvoerende hoof, 'n Britse duiker wat gehelp het om 12 seuns uit 'n grot in Thailand te red het, 'n “pedo” (pedofiel) genoem het.

Die maatskappy se markwaarde het met US$2 miljard geval.

Waarnemers en beleggers het gesê Musk se openbare uitsprake lei sy aandag af van Tesla se hooftaak: om elektriese motors te maak.

Die miljardêr se bekgeveg met die Britse duiker Vernon Unsworth het verlede week begin nadat reddingspanne sy aanbod verwerp het om 'n miniduikboot wat sy vuurpylmaatskappy, SpaceX, gebou het, te gebruik in hul reddingspoging.

“Hy kan sy duikboot indruk waar dit seermaak,” het Unsworth volgens CNN gesê. “Daar is nie 'n kans dat dit sal werk nie.”

Musk het Sondag op Twitter teruggekap en gesê hulle sal 'n video maak van die miniduikboot wat sonder ­probleme tot by grot 5 sal gaan. “Skuus, pedo-ou, jy het rêrig hiervoor gevra,” het hy getwiet. Die twiet is later verwyder.

Musk het geen verduideliking of bewys gegee van sy bewering dat Unsworth 'n pedofiel is nie.

Unsworth het intussen in 'n TV-onderhoud gesê hy oorweeg regsaksie teen Musk.

Unsworth se vrou het gesê haar man keer op 19 Julie terug Brittanje toe en sal dan met sy regspan vergader.

Narongsak Osottanakorn, die leier van die reddingsoperasie in Thailand, het verlede week gesê die miniduikboot van Musk is nie geskik vir die pogings nie.

Musk het op Twitter gesê Osottanakorn is nie “die kenner op die gebied nie”. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!