Musk skik weer met SEC oor sy twiets
Musk skik weer met SEC oor sy twiets

Musk skik weer met SEC oor sy twiets

Elon Musk, die uitgesproke uitvoerende hoof van Tesla, het 'n ooreenkoms met die Amerikaanse Securities and Exchange Commission (SEC) bereik oor sy gebruik van Twitter.

Musk het ingestem om enige openbare verklarings oor die maatskappy se geldsake en ander onderwerpe eers deur sy regsverteenwoordigers te laat goedkeur, alvorens hy dit op Twitter plaas.

Dié versoek is Vrydag by die hof ingedien. Sou dit goedgekeur word, sal Musk nie meer verantwoordelik gehou word vir die minagting van 'n vorige skikking met die kommissie nie. Die partye het vroeër ooreengekom dat Musk enige openbare stellings eers met beleggers sal goedkeur voordat hy dit op sosiale media deel.

Tesla het 'n baie swak eerste kwartaal gehad met verliese wat meer as US$700 miljoen beloop.

“Die ooreenkoms kon baie erger vir Musk gewees het,” sê prof. Stephen Diamond van die Santa Clara-universiteit. “Die gevolg van sy neus optrek vir die SEC kon baie erger vir hom en sy maatskappy gewees het.”



LOGISTIEKE PROBLEME

Tesla sukkel met logistieke probleme en die lewering van sy Model 3 aan klante wêreldwyd. Terselfdertyd daal sy aandeelprys steeds en word vrae oor die volhoubaarheid in die vraag na sy produkte gevra.

Die maatskappy verwag om in die tweede kwartaal weer 'n verlies aan te teken.

Musk se regspan het nie onmiddellik op 'n versoek om kommentaar ­gereageer nie.

Die SEC het Musk in 2018 ­gedagvaar nadat hy op 7 Augustus getwiet het hy het finansiering bekom om Tesla te privatiseer teen US$420 per aandeel.

Dié nuus het die maat­skappy se aandeelprys met tot 13,3% laat styg. Maar die SEC het bevind Musk se uitlatings het die wette oor aandeleverhandeling oortree.

Musk se plan vir privatisering was in 'n vroeë stadium en die nodige finansiering was nog nie in plek nie.

Hy het gevolglik 'n ooreenkoms met die SEC aangegaan en ingestem om as voorsitter van Tesla te bedank.

Hy het ook ingestem dat die maatskappy se prokureurs sy geskrewe kommunikasie, insluitende twiets, eers moet goedkeur.

Die SEC het Musk in Februarie daarvan beskuldig dat hy hierdie ooreenkoms oortree het deur 'n twiet te stuur waarin hy produksiesyfers van Tesla gee.

Die twiet is nie deur die maatskappy se regspan hersien voordat dit gestuur is nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!