Mutorwa woedend oor ‘wetteloosheid’
’n Nasionale padbouprojek tussen die Omaheke- en die Hardapstreek is dié week byna ontspoor deur oproerige gemeenskapslede.
Denver Kisting – Die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, het gister uitgevaar teen “wetteloosheid” wat ’n padbouprojek tussen Gobabis en Aranos by Aminuis ontwrig het.
Mutorwa het by navraag gesê: “Ons kan nie wetteloosheid duld nie.”
Republikein het gister inligting ontvang dat oproerige lede van die Aminuis-nedersetting glo bewapen met pangas en knopkieries opgedaag het om die padbouprojek te ontspoor.
Luidens die inligting is die gemeenskapslede woedend omdat meer mense uit hul omgewing nie vir die bou van die pad in diens geneem is nie.
Hulle dring glo daarop aan dat 70% van mense, wat vir dié werk ingespan word, uit Aminuis moet kom.
Mutorwa sê ofskoon hy nie ingelig is dat die oproerige gemeenskapslede bewapen was nie, is die voorval wel onder sy aandag gevestig. “Ek is bewus daarvan. Ek het gister (Dinsdag) daarvan begin hoor.
“Ek het ’n verslag by die goewerneur (mnr. Pijoo Nganate van Omaheke) gekry oor die situasie op Aminuis.”
Mutorwa sê dié beoogde pad is nie net van nasionale belang nie, maar hou ook internasionale waarde in. “Dit is ’n baie, baie belangrike nasionale én internasionale pad. Dit verbind ons deur Gobabis met die die Transkalahari-hoofweg na Botswana en Gauteng (in Suid-Afrika) en deur Aranos en Mariental met Suid-Afrika.”
Derhalwe is hy woedend dat “daar blykbaar iemand is wat dink hy is so magtig” om die bouprojek omver te wil werp, het Mutorwa uitgevaar. “Dit is kortsigtigheid om die kontrakteur te ontwrig en die projek in die wiele te ry.”
Die minister voer aan die Aminuis-kiesafdeling se raadslid, mnr. Peter Kazongominja, skuil agter die ontwrigting. “Dis nie die hele gemeenskap nie. Dis die raadslid. Ons duld nie wetteloosheid nie. Ons verwerp dit. Die kontrakteur moenie geboelie word nie.”
Oor die eis om 70% van die Aminuis-gemeenskap in diens te neem, wou Mutorwa weet: “Waar kom daardie formule vandaan?”
Toe hy verlede jaar die projek van stapel gestuur het, het hy wel gesê mense uit die areas tussen Gobabis en Aranos sou, soos die projek ontvou, wel as arbeiders in diens geneem kon word, sê Mutorwa. “Maar dis nie eksklusief nie.”
Selfs al sou ’n geldige grief bestaan, is daar wettige maniere om die kwessie te besleg, het hy benadruk.
Sou die situasie nie onder beheer gebring kan word nie, moet wetstoepassers intree, het Mutorwa gesê.
Adj.komm. Kauna Shikwambi, die nasionale polisiewoordvoerder, het gistermiddag gesê sy dra kennis van die ontvouende situasie.
Volgens haar was die polisie gister op die toneel om wet, orde en vrede te handhaaf. “Die mense is kwaad omdat die kontrakteur na bewering van buitestanders gebruik maak.”
Nganate het gesê hy was ook op die toneel.
Rolspelers het vir vanmiddag ’n vergadering belê op ’n oplossing te probeer vind, sê hy.
Hy sê 110 km van die asfaltpad tussen Gobabis en Aminuis is reeds voltooi as deel van die eerste fase van die projek.
In dié stadium is die kontrakteur besig met ’n verdere 80 km-strook.
Die derde fase sal ’n 90 km-pad beslaan, sê Nganate.
Kazongominja het nie gistermiddag sy selfoon geantwoord nie. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie