MVAF: Stop plundering
In plaas daarvan om beseerdes te help, besteel baie mense ongelukslagoffers.
Denver Kisting
Om slagoffers van motorongelukke te besteel, hou talle gevare in, sê die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) by monde van sy woordvoerder, me. Surihe Gaomas-Guchu.
Onder meer, sê sy, stel diewe hulleself bloot aan infeksies weens bloed of ander liggaamsvloeistowwe van die beseerdes in botsings.
Ander gevare hou verband met noodlottige beserings vanweë aankomende verkeer en beserings wat spruit uit die diefstal uit wrakke, maan Gaomas-Guchu.
Sy sê voorts mense wat ongelukstonele plunder, loop die risiko om giftige stowwe, soos rook uit brandende motors, in te asem.
Die woordvoerder sê dit is eweneens gevaarlik om kos te eet wat lede van die publiek van die ongelukstoneel steel, omdat dié voedsel moontlik bederf kan wees.
Sy het 'n beroep gedoen op lede van die publiek om liefs weg te bly van ongelukstonele om verdere beserings of sterftes te voorkom. “Skares mense wat 'n ongelukstoneel omring, verwring verder bewyse en verhoed maklike toegang aan nooddienswerkers,” sê Goamas-Guchu.
Volgens haar kan mense eerder hulp verleen in plaas daarvan om beseerdes of oorledenes te besteel. Dít kan hulle doen deur onder meer die nooddienste te skakel.
'ALGEMENE VERSKYNSEL'
Hoofinsp. Rozario Coetzee, verbonde aan die verkeersafdeling van die Namibiese polisie, sê plundertogte by ongelukstonele is 'n algemene verskynsel in Namibië.
“Ons het ons hande vol met omstanders. Plundertogte is 'n daaglikse verskynsel.”
Hy sê selfone is die gewildste buit.
Coetzee het intussen gesê 'n opmerking wat hy verlede week tydens 'n paneelbespreking oor die vlaag van sterftes op die land se paaie gemaak het en waaroor Republikein berig het, is buite konteks verstaan. Hy is daarna daarvan beskuldig dat hy nie omgee as 'n bejaarde in 'n ongeluk omkom nie.
Hy sê: “Mense moenie die standpunt van my verkeerd verstaan nie. Miskien het ek die verkeerde woorde gebruik, maar wat ek eintlik bedoel, is dat ons as grootmense klaar ons lewe geleef het, en as dit by ongelukke kom dan raak die dood van 'n grootmens my nie so erg soos wanneer 'n kind omkom in 'n ongeluk nie weens die nalatigheid of keuse van 'n volwasse persoon nie.”
Hy het in dié program gesê hy moes al in sy lewe veels te veel babalykies van ongelukstonele af dra. “Omgee was dalk die verkeerde woord as gevolg van senuwees om op nasionale televisie vir die eerste keer te verskyn, maar weer eens, die dood van 'n kind raak my geweldig en ek kan dit nie meer hanteer nie.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie