Mwilima se dood wyd betreur
Die skietdood van 'n topamptenaar het ook 'n impak op die stryd teen MIV/vigs, sê die minister van gesondheid.
Augetto Graig - Personeel van die Verenigde Nasies in Namibië en die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste was onder die talle mense wat Vrydag die roudiens van me. Sarah Mwilima by die Katutura-staatshospitaal in Windhoek bygewoon het.
Die 51-jarige Mwilima het verlede Maandag gesterf in 'n sinnelose skietvoorval by die kantore van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste in die middestad waar sy gewerk het. Haar kollega me. Ester Nepolo is in die bors gewond. Die vermeende skieter, mnr. Simataa Simasiku (33), het Woensdag in die Windhoek-landdroshof verskyn. Hy was ook 'n werker van die ministerie.
Mwilima was die Globale Fonds se plaaslike direkteur in die bestuurseenheid vir spesiale programme.
Me. Rachel Odede, die waarnemende plaaslike koördineerder vir die Verenigde Nasies (VN) in Namibië, het met lof verwys na Mwilima se bydrae tot sosiale opheffing en ontwikkeling van die land. Sy het Mwilima se lang loopbaan by die VN in Namibië beskryf, wat onder meer op die opheffing van vroue gefokus was. “Ekonomiese ongelykhede tussen mans en vroue maak vroue weerloos teen MIV,” was Mwilima se standpunt, het Odede gesê.
“Ons sê tot siens aan 'n ikoon. Sy laat 'n leemte in die MIV-gemeenskap. Sy het elke oomblik van haar lewe met oorgawe geleef. Haar tyd saam met ons het verstryk en sy het haar deel gedoen. Dit berus nou by elkeen van ons om die goeie werk verder te voer,” het Odede gesê.
In 'n oorsig van Mwilima se lewe, wat die ministerie se me. Petronella Masabane voorgelees het, is veral haar liefdadigheidswerk uitgelig. “Sy het baie lewens geraak, oral waar sy gegaan het.”
Die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, het gesê die ministerie is verpletter deur die sinnelose aanval wat Mwilima se lewe geëis het.
Die minister, dr. Kalumbi Shangula, het die amptelike boodskap gelewer. Hy het Mwilima “die uiterste staatsamptenaar” genoem. “Sy was passievol, met ongelooflike energie, lewenslus en geloof. In tye van teëspoed en kritiek was sy altyd kalm en doelmatig,” het hy gesê.
“Sy het deur voorbeeldige leierskap bygedra tot ons talle suksesse in die stryd teen MIV/vigs - dít is haar nalatenskap. Die impak weens die verlies van haar insette en werk sal ver en wyd ervaar word, veral deur diegene wat direk by die Globale Fonds gebaat het,” het Shangula gesê. Aan die familie wil ek sê sy was 'n pilaar op wie ons in die ministerie staat gemaak het. Sy het hierdie land met haar hele hart gedien. Ons vertrou die Here sal julle troos en krag gee.”
Hy het gesê dit gaan goed met Nepolo. “Daar is aansienlike vordering wat haar herstel betref. Ek besoek haar elke oggend voordat ek kantoor toe gaan. Ons bid vir haar en almal wat deur die voorval getraumatiseer is.
Mwilima word môre op Katima Mulilo begrawe.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie