Mwiya tevrede met toer na Lesotho
Sokker en tennis is twee van die kodes waarin die hoofadministrateur van die Sportkommissie beter vertonings verwag het.
Limba Mupetami
Die hoofadministrateur van die Namibiese Sportkommissie, mnr. Freddy Mwiya, sê die Streek 5 Jeugspele in Lesotho was ’n goeie wegkomkans vir die land se sportspanne, hoewel betekenisvolle verbetering in sekere kodes nodig is om ’n behoorlike impak te maak.
Verskeie wedstryde in die gasheerstad Maseru moes uitgestel word toe swaar reën oor die omliggende gebied uitgesak het.
Afgesien van die weersomstandighede wat ook sommige atlete se gesondheid beïnvloed het, het Mwiya die algehele vertoning by die pas afgelope Spele in Lesotho as baie bevredigend bestempel – veral in swem, boks, atletiek, Paralimpiese atletiek en vlugbal.
Sokker en tennis is egter twee van die kodes waarin Namibië geen wedstryde kon wen nie, wat op die nodigheid vir verbetering dui, sê hy.
In vrouesokker het Namibië teen beide Botswana en Zambië verloor, maar nogtans die bronsmedalje ingepalm omdat al die ander lidlande op die nippertjie om verskeie redes hul spanne onttrek het. Zambië het die goue medalje ingepalm.
Die vrouesokkerspan se klerasie het uitgestaan teen die res, deurdat hulle in uitrusting van die Namibiese Sokkervereniging (NFA) gespeel het, terwyl al die land se ander sportspanne klerasie vir die Spele ontvang het.
Volgens Mwiya was die bus vir die padreis na Lesotho asook die verblyf feitlik die enigste ondersteuning wat die Namibiese span ontvang het. Hulp is wel van die Konfederasie van Sokkerverenigings in Suider-Afrika (Cosafa) en die Namibiese regering ontvang, wat nie deel van die aanvanklike begroting was nie.
“Ons het selfs besluit om vir die klerasie te betaal, maar die NFA het nie hierdie belofte nagekom nie, hoewel ons verskeie vergaderings met hulle gehad het,” het Mwiya gesê.
Ten spyte hiervan was die span se algehele prestasie veel beter as enige van die vorige deelnames in 2014, 2016 en 2018.
Namibië het 14 goue medaljes, agt silwer en tien brons gewen.
Mwiya het ter afsluiting gesê die toekomsplan is om vroegtydig ’n oefenkamp te reël sodra die nodige hulpbronne beskikbaar is. Heelwat reëlings moet dus getref word in die aanloop tot volgende jaar se Streek 5 Jeugspele wat in Malawi aangebied sal word.
Die jeugspan word vandeesweek terug in Windhoek verwag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie