Mwoombola gepos
Mwoombola gepos

Mwoombola gepos

Die regering het ingegryp om die krisis op te los waarin openbare gesondheidsorg verkeer.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Die permanente sekretaris van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Andreas Mwoombola, is uit dié pos na die kantoor van die eerste minister oorgeplaas.

Dit volg nadat die spanningsvolle verhouding tussen die minister, dr. Bernard Haufiku, as die politieke hoof en Mwoombola as administratiewe hoof breekpunt bereik het. Dit is die afgelope naweek deur mnr. George Simataa, sekretaris van die kabinet, as “bitter” beskryf is.

Laasgenoemde het Sondag aangekondig dat Mwoombola Vrydag met onmiddellike effek na die kabinetsafdeling in die kantoor van die eerste minister verskuif is.

Dit is al vir maande lank geen geheim dat Haufiku en Mwoombola nie langs een vuur sit nie.

Die minister het verlede week aan die staatskoerant New Era gesê hy het “heeltemal sy vertrou in Mwoombola verloor” en hoop die aanstellings­owerheid ver­skuif een van hulle twee sodat hulle nie langer hoef saam te werk nie.

Volgens Haufiku kom hul swak verhouding nie neer op 'n botsing van persoonlikhede nie, maar “op 'n botsing van beginsels”.

Tekorte aan lewensnoodsaaklike middele word reeds geruime tyd by staatshospitale ervaar en het die afgelope twee maande nóg verder versleg. Die situasie is verlede week deur 'n span chirurge in diens van die staat as onhoudbaar beskryf. Hulle het die minister versoek om in te gryp aangesien dit tot die dood van pasiënte kan lei.

Mwoombola is op 18 Julie tydelik uit sy pos geskors hangende beweringe­ van korrupsie en wanbestuur. Ná voltooiing van die ondersoek kon hy op 1 Augustus weer terugkeer tot sy pos, al is die dissiplinêre ondersoek teen hom steeds hangend.

Simataa sê Mwoombola sal regtens die wet as onskuldig beskou word totdat sy skuld bewys is.

“Die regering is onder verpligting om dr. Mwoobola se skuld te bewys – dit is die saak waarmee ons sit voordat ons enige stappe tot straf kan doen,” sê hy in sy verklaring.

Volgens hom bedreig die “bitter” verhouding tussen die politieke en admi­nistratiewe hoofde van die ministerie egter dienslewering en daarom word hy verskuif.

Simataa benadruk dat die verskuiwing niks te doen het met die dissiplinêre proses teen Mwoombola nie en sê dit is geneem om die verseker die bestuur by dié uiters belangrike ministerie gaan glad voort.

Die sekretaris van die kabinet gee verder die versekering dat die tekort aan noodsaaklikhede die regering se aandag geniet. Hy verseker Namibiërs­ ­dat die regering aandag gee aan die voorstelle wat in 2013 deur die presidensiële kommissie van ondersoek gemaak is om dienslewering by staatshospitale en -klinieke te verbeter.

Die ondersoek is in 2012 deur regter Simpson Mtambanengwe (wat intussen oorlede is) en drs. Edward Maganu en John Keiseb gedoen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!