My beskeie raad
My beskeie raad

My beskeie raad

Dani Booysen
OGIE-IN-DIE-SEIL SKRYF:

Ek wil graag verstaan hoekom 'n regering (ek noem nou alle regerings) nie uitkom met sy inkomste nie.

Sê byvoorbeeld die beskikbare geld is 50 miljard. Hoekom kan die regering nie 49 miljard begroot vir sy uitgawes en dan die 1 miljard as 'n surplus hou nie?

Die regering se begroting moet alles insluit. Ook afbetalingspremies vir sy uitstaande skulde - binne die beskikbare bedrag.

Die skepping van staatsinstellings was bedoel om die regering te help met groot en belangrike funksies soos behuising, water, kragvoorsiening, ens. Hoekom kan die instellings nie op hul eie bene staan nie? En daarby word hul personeel meer betaal as die gewone werker.

Die regering wil nie en sal moontlik ook nie erken dat 'n lugredery regtig privaat bedryf moet word en nie deur die regering of deur sy subsidies nie.

Hoekom kan die regering nie al sy huise verkoop en amptenare self huise bekom nie? Hoekom moet die regering sy lewe moeilik maak deur behuising te voorsien eerder as toelae daarvoor?

Die regering moet regtig ophou om arrogant op te tree en nie te wil luister na raad wat aangebied word nie. Hulle kan byvoorbeeld watervoorsiening die eerste prioriteit maak sodat almal toegang daartoe het en groente en vrugte kan plant en voer vir diere.

Die freedom fighters het plase vir mekaar gegee, maar min positief het daarvan gekom, pleks van plotte afsteek en dit te verhuur aan individue wat regtig wil en kan produseer. Maar nie soos die elites van Swapo wat lewenslank plotte huur by Hardap se groenskema en nêrens te sien is nie.

Daai huurders kan gerus by ander boere op dieselfde skema gaan kyk en leer. Dis 'n skande om grond te gee vir mense wat regtig niks bydra of nie eens die helfte van beoogde produksie behaal nie.

Dit is tyd dat ons feite voor die regering plaas en ons probleme een vir een aanpak. En hulle verantwoordelik hou vir elke poging wat faal - en nie reggestel word nie. Praat help nie.

Die lys van sosiale verpligtinge aan veterane, hul kinders en kleinkinders is nimmereindigend. Dis daarom nie verbasend dat onderwys en gesondheid slegter daaraan toe is nie.

Die Namibiese en Suid-Afrikaanse regerings doen min of meer dieselfde dinge. En misluk min of meer op dieselfde manier.

Begroot wat jy kan invorder; bly uit funksies waar jy nie hoort nie; skakel alle briewetaskontrakteurs uit (waarvan baie ook staatsamptenare is); prioritiseer water, onderwys en gesondheid; vervang hervestiging met huurplotte van 10 tot 50 hektaar vir 10 tot 20 jaar; verminder poste by streekrade; stop Harambee-kosrantsoene; hou op om goewerneurs aan te stel, laat hulle verkies word; hou op om kinders te support wie se ouers kan werk.

Ek is nie vir of teen enige politieke party nie - hulle word in elkgeval net betaal om te werk met hul monde.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!