My beste vakansie ooit ... Rêrig?
WILLEM DE WET SKRYF: My vooraf vertelling, wat gister in die eerste aflewering van my brief op hierdie blad verskyn het, was om die volgende rede: Ek staan eergister op my bouwerf en daar kom ’n rukwind verby wat ’n klomp gemors by my werf inwaai. Ek maak dit bymekaar om weg te gooi en iets op die laaste enkel A4-folio wat ek optel, vang my oog en laat my besluit om dit te ondersoek voor ek dit opfrommel en in die drom gooi.
Ek staan in my hand met ’n graad 9B-kind van ’n bekende skool se “Afrikaans Second Language”-opstel wat hy geskryf het. Die onderwerp waaroor hy moes skryf is: “My beste/slegste vakansie”. Hy het gekies om te skryf oor sy “Beste Vakansie”.
Ek lees die opstel en staan met trane in my oë en ek dink aan my kinders se vakansies en wat hulle al alles saam met ons deurgemaak en ervaar het. Hoe geseënd, bederf en gelukkig my en ander ouers se kinders is om te hê wat hulle het en te kan doen wat hulle doen. Ek snik in die stilligheid oor die diepe en ontnugterende waarheid wat die kind in sy wanhopige onskuld op skrif sit. En ek huil openlik oor die kind se persepsie van ’n beste vakansie en die kille realiteit dat die kind die kans op ’n goeie opvoeding, ’n suksesvolle toekoms en die lewe reeds ontneem is deur ’n stelsel en ouers en grootmense wat net eenvoudig nie omgee nie.
Die sagte stuk klei is besig om verkeerd gevorm te word en hy het geen beheer oor of benul van wat besig is om met hom te gebeur nie. En voor sy denke so ontwikkel het dat hy self kan besef dat dié pad nie die pad na ’n toekoms is nie en ’n poging wil aanwend om dit op eie stoom te verander, het die klei reeds verhard en die gewoontes verstok en die geleentheid is verby.
Hoekom doen ons ons kinders dit aan en wat gaan van hulle word? Met die redakteur se toestemming en as hy dit sou goed dink, vra ek dat die opstel saam met my skrywe geplaas word, maar dat die naam van die kind en die skool uitgeblok word om die kind te beskerm. Vriende, lees dit en kom ons lewe so dat ons kinders se opstelle oor hul kinderdae, die lewe, hulle vakansies, die voorbeelde wat ons gestel het, die opvoeding wat hulle in die huis ontvang het en ons as hulle ouers anders daar uitsien as hierdie kind se wanhopige en eerlike krete om hulp.
Hoe het hy daar gekom en hoe gaan hy daar uitkom? Om arm te wees en swaar te kry regverdig nie die tipe verwaarlosing nie en dit is nie die staat se skuld nie. Boeta, mag daar lig oor jou pad kom en daar êrens ’n hand hom oor jou toevou en jou uit die nagmerrie uithaal en jou die geleentheid gee om ’n kind te wees. Om goed daaruit te stap met ’n flikker in jou oë en ’n plan in die kop, met die basiese menswees-beginsels om die lewe in die oë te kyk en nie skaam te wees vir wie en wat jy is nie, maar met trots jou pad op eie krag en stoom oop te kap en jou wense laat waar word, jou doelwitte bereik. Mag jy wakker word en hierdie "beste vakansie" net ’n slegte droom wees. Ek hoop en bid jou beste vakansie lê nog vir jou voor!
Hier volg die brief. Dit word geplaas net soos die leerling dit geskryf het:
My beste vakansie
Die eerste vakansie van April was die beste vakansie vir my. Ek het baie bly ge raak toe my ma vir my aleen in Windhoek ge loss het, sy het Swakop toe ge ry.
Die straate wan Soweto was baie stil mense het nie geld ge hat nie die eerste veek, maar toe dit ende van die mand was het die mense begene geniet hele het baie ge drink n geras ge maak.
Velaar op vryda-e het ons baie geniet by my huis, daar was ales kos, drank, TV musik eles vat a mense kan noodag.
Ons het vaker ge bly toot 2-3 n die aand, eendag ons was gekry van die polise dervuil ons dronk is, hele het ons ge slan lat ons baie vinig treg in die huis gaan.
Vat my Friend se Ma n Pa ge trou het was daar baie Alkohol by die trouwe ons het ge drink en baie ge dans die groot mense het net vir ons geld ge gee ge hat lat ons onse self geniet.
Ek veet nie waar dy geld ge gaan het nie omdat ek was ook dronk die vakansie was net baie leker. toe my ma treg ge kom het ales veer sleg ge raak ek moes veer a huis seen ge vort het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie