My briefie aan die Withuisbewoner
My briefie aan die Withuisbewoner

My briefie aan die Withuisbewoner

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Hallo president Trump.

Jy ken my nie, en sal waarskynlik sukkel om Namibië op ’n wêreldkaart te kry, maar ai, ek moet net hierdie van my hart af kry.

Wat ‘n rondomtalie-, wipwa-rit is ons nie die afgelope paar maande deur nie.

Ons staar verstar na die mallemeule van politiek waarop julle ons en die res van die wêreld vat na Amerikaners jou tot nuwe staatshoof verkies het.

En nou sit ons hier.

Ek sidder elke keer as jy jou mond oopmaak en uitlatings maak soos: “Any negative polls are fake news, just like the CNN, ABC, NBC polls in the election.”

“We are going to have an unbelievable, perhaps record-setting turnout for the inauguration, and there will be plenty of movie and entertainment stars. All the dress shops are sold out in Washington. It’s hard to find a great dress for this inauguration.”

“An ‘extremely credible source’ has called my office and told me that Barack Obama’s birth certificate is a fraud.”

“Meryl Streep, one of the most over-rated actresses in Hollywood, doesn’t know me, but attacked me last night at the Golden Globes. She is a Hillary flunky who lost big.”

“Well, the leaks are real. You’re the one that wrote about them and reported them; I mean, the leaks are real. You know what they said, you saw it, and the leaks are absolutely real. The news is fake because so much of the news is fake.”

Een van die beste aanhalings oor jou verkiesing kom van ‘n Chinese ontleder wat geskryf het: “The peaceful transfer of power is a thing of beauty. One moment Barack Obama is the leader of the free world. A moment later, it’s Angela Merkel.”

Jy met die kuif en die arrogansie, die omkrullippe en die vingers wat sulke nulle in die lug maak, staan my nie aan nie.

Jy trou met die mooiste vrouens wat jy kan kry, maar jy respekteer nie vrouens in die algemeen nie.

Jy haat immigrante, maar jou eerste vrou is ’n immigrant én jou mees onlangse vrou. Jy erken nie dat mense verskillende gelowe mag aanhang nie.

Ons minister van binnelandse sake en immigrasie, Pendukeni Ivula-Ithana, het nou die dag gesê ons is eintlik almal op een of ander manier migrante.

Deur die eeue het mense ‘n beter heenkome op ander plekke gaan soek.

En nou wil jy, “Trump(ie)” en jou Boksombende, Amerika ontneem van die potensiaal wat immigrante kan bring.

Amerika is gebou op die beginsels wat op die voetstuk van die Statue of Liberty staan in die gedig van Emma Lazarus: “Give me your tired, your poor, Your huddled masses yearning to breathe free, The wretched refuse of your teeming shore. Send these, the homeless, tempest-tossed, to me: I lift my lamp beside the golden door.”

Donald, het jy dit al ooit gelees?

Groete uit Windhoek

Estelle

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!