My Covid-19-status, my geheim: Dausab
Dit is 'n strafregtelike oortreding om sonder toestemming te onthul dat iemand die virus onder lede het.
Denver Kisting – Niemand mag die gesondheidstatus van iemand anders onthul nie. “Dit is ongrondwetlik en misdadig.”
So sê die minister van justisie, me. Yvonne Dausab, op 'n vraag oor of dit toelaatbaar is om enigiemand se Covid-19-positiewe status bekend te maak. “Dit druis in teen 'n aantal regsbeginsels (en) dokter/pasiënt-protokol. Geen mens word toegelaat om iemand anders se private inligting te onthul sonder hul toestemming nie.”
AANTEKENBOEK VERTROULIK
Besigheidseienaars of gashere móét die persoonlike inligting van klante, kliënte of gaste vertroulik hanteer.
Volgens die nuutste regulasies, wat sedert middernag Maandag vir die Erongostreek geld, mag dié inligting slegs op versoek met 'n gemagtigde amptenaar gedeel word.
Dit geld reeds in die res van die land wat volgende Dinsdag na fase 4 aanbeweeg.
Omdat Erongo tans in fase 3 van die noodtoestandmaatreëls is, mag drank slegs tussen 12:00 en 18:00 Maandae tot Vrydae verkoop en gekoop word.
Saterdae mag drank tussen 09:00 en 13:00 verkoop en gekoop word, terwyl geen drank op Sondae en openbare vakansiedae verkoop en gekoop mag word nie, behalwe as die besigheid 'n restaurant of hotel is.
Kontaksport bly vir dié fase wat tot middernag op 6 Julie duur, verbode. Dit sluit rugby, boks, sokker, oosterse gevegskuns en stoei in.
Dobbelhuise en nagklubs mag eweneens nie sake bedryf nie.
Onderworpe aan reëlings tussen werkgewers en werknemers raai die regulasies aan dat kwesbare werknemers van die huis af werk.
Me. Anna Nghipondoka, die minister van onderwys, kuns en kultuur, het Maandagmiddag gesê dit geld ook vir onderwysers.
Sy het toegegee dit kan 'n nadelige impak hê op onderrig wanneer 'n onderwyser tuis en die leerlinge by die skool is.
Leiers van instellings word aangemoedig om maskers aan werknemers te verskaf, lui Erongo se regulasies.
Spesiale maatreëls geld vir die beperkte areas: die plaaslike owerhede van Arandis, Swakopmund en Walvisbaai.
In dié areas mag saamtrekke uit nie meer as tien mense bestaan nie, terwyl die kerf vir ander plekke in die streek 50 mense is.
Vir die duur van dié fase mag niemand die beperkte area binnegaan of van dié areas na die res van die land beweeg nie behalwe indien sodanige persoon in besit is van 'n geldige permit wat deur 'n gemagtigde amptenaar uitgereik is.
• Almal moet die volgende inligting verstrek wanneer hulle by 'n besigheid of elders aandoen:
• volle naam
• identiteitsnommer
• nasionaliteit en land van herkoms of waar hulle woonagtig is
• fisieke adres
• kontaknommer
• e-posadres
Sou die persone wie se verantwoordelikheid dit is om dié inligting by te hou dit nie doen nie, begaan hulle 'n misdaad.
Sou iemand aan dié misdaad skuldig bevind word, staar 'n boete van N$2 000 of ses maande se gevangenisstraf of albei hulle in die gesig.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie