My liefste T
Dis al amper vier maande, my liefste T, wat my hart buite my lyf klop.
Tot nou toe was ek redelik sonder woorde oor jou bestaan. Voor nou kon ek nog niks neerpen nie. Menige dag kan ek steeds nie glo jy is regtig myne nie.
Daarom leen ek ‘n paar woorde by Quintin Hayes, wat skryf: “Ek leen jou vir ‘n wyle, ‘n kind van myne, sê hy vir jou, om lief te hê terwyl hy lewe en te rou oor hom wanneer hy jou begewe. Dit mag ses of sewe jare, of dertig of meer wees, maar sal jy tot ek hom roep, namens my vir hom ‘n ouer wees?
“Hy sal jou om sy pinkie draai en jou verbly, en is sy verblyf hier van korte duur, sal jy sy liefdevolle herhinnering hê as plaasvervanger vir jou rou. Ek kan jou nie waarborg dat hy sal bly, omdat almal van hierdie aarde sal terugkeer na My. Maar hierdie kind van ons, het lesse om te leer.
“Ek het oral oor gesoek na ‘n ware leermeester, en langs die lewe se lane het ek jou gevind. Nou gee hom al jou liefde, geen arbeid vir jou te veel, en haat My nie wanneer ek roep om hom weer terug te neem.
“Verbeel ek my ek hoor jou sê: ‘Vader, U wil geskied’, vir al die pret wat die kind sal bring, ook die risiko dat hartseer wag.
“Koester hom met sagtheid, lief hom terwyl jy mag, vir al die geluk en elke goue dag wat hy jou bring. Wanneer die engele hom roep, veels gouer dan jy beplan, trotseer die bitter rou en probeer om te verstaan.”
Ek ken nie hierdie tipe liefde nie, maar ek is dankbaar daarvoor.
Ek is so bly ek is gekies om jóu mamma te wees. Jou groot, blou ogies wat elke oggend opgewonde na my kyk en jou oopbek glimlag laat my hart smelt. Elke keer.
Jou laggie wat in hierdie klein woonstel weergalm, laat my hardop lag, want jy is so eg. Ek is bly jy is so ‘n gelukkige klein seuntjie. En terwyl ek uitsien na al die dinge wat jy my nog gaan leer, wens ek jy bly vir ‘n rukkie langer so klein soos nou.
Hammelie sê ek maak jou stout, maar ek het dit meer nodig dat jy elke aand in my arms aan die slaap raak as jy.
En ek troos myself daaraan, jy is net vir ‘n kort rukkie so klein. Want môre is jy dalk te groot om in my arms te slaap. Oormôre maak ek jou dalk skaam en dan sien jy nie meer uit na gesteelde soene en te veel aandag nie.
Onthou net altyd dat ek jou liewer het. Liewer as enige nonsens wat jy nog gaan aanvang.
Ek is liewer vir jou as ál die Tupperware op die vloer of al die speserye op die grond.
Liewer as vir prentjies op die muur, ‘n 100 gebreekte ruite en die duisend keer wat ‘n deur toegeklap gaan word.
Maar tot dan, my liefste T, skop al die badwater uit die bad as dit jou laat glimlag.
Gesels kliphard saam met ons en lag uit jou maag uit vir jou eenoogskaap. Beweeg daai kleine lyfie saam op maat van Mamma se (vals) stem. Hou net aan met lag.
Vir jou is daar ‘n put vol aandag en liefde wat nooit opdroog nie, want vir jou is ek die liefste.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie