‘My nooi is in ’n nartjie’: Capespan kry nuwe naam
Francois Williams – Die vrugte-uitvoerder Capespan het ’n afsonderlike nuwe handelsnaam vir sagte sitrusvrugte (nartjie-verwante vrugte soos mandaryne en clementines) geskep, naamlik Outspan Gems.
Die Outspan-handelsnaam bestaan sedert 1936, toe dit die enigste handelsnaam was waarmee die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf sy vrugte internasionaal bemark het.
Dit is vandag steeds Capespan se primêre handelsnaam vir sitrus soos lemoene, suurlemoene en pomelo’s, sê Adéle Ackermann, groephandelsnaambestuurder by die maatskappy.
Outspan Gems sal nou eksklusief gebruik word vir die bemarking van sagtesitrus-variëteite.
Tonie Fuchs, besturende direkteur van Capespan, sê die groep sal Outspan Gems in markte in die Verre Ooste soos Hongkong, Singapoer, Thailand en China bekend stel.
Wie noem ’n vrug Nadorcott?
Die nartjie-tipe sagte sitrus met die naam Nadorcott spruit uit die werk van ’n Marokkaanse vrugtekweker, El Bachir Nadori, wat in 1964 op dié vrug afgekom het wat ’n verbastering was tussen die Murcott mandaryn-variëteit en iets anders.
Die vrug het egter te veel pitte na sy smaak gehad, en hy het ná verdere eksperimente ’n bykans saadvrye vrug gekweek. Vir sy moeite kon hy die naam vir die nuwe vrug kies. Hy besluit toe op Nadorcott - Nador vir Nadori en cott vir Murcott. - Bronne: The Nadorcott: a story of sex, intrigue and fruit in general, deur die kosblogger Kate Shrewsday; Mouton Sitrus.
Die hele bedryf produseer sowat 15 miljoen kartonne sagte sitrus per jaar, en die potensiaal is dat dit in die afsienbare toekoms verdubbel tot sowat 30 miljoen kartonne.
In die lig van die verwagte internasionale groei in sagtesitrus-volumes sê Fuchs die groep wil opwinding skep oor die unieke kenmerke van sagte sitrus, en hy sien veral geleenthede in Asië.
Ackermann sê die Nadorcott-variëteit van sagte sitrus gaan die eerste vrugte wees wat as Outspan Gems verpak gaan word, daarna mandaryne soos Orri en Morr. Goeie gehalte clementines gaan vir die Britse en Kanadese markte verpak word.
Sy sê die grootste invoerders van Suid-Afrikaanse sagte sitrus is steeds Europa en Brittanje, en net meer as 50% van die hele Suid-Afrikaanse oes gaan na dié markte.
Die sagte sitrus kom van al die sitrusverbouingsgebiede in die land – van Tshipise, Groblersdal en Marble Hall tot Burgersfort, Lydenburg, Brits en die Oos- en Wes-Kaapse sitrusgebiede.
Volgens Ackermann is sagte sitrus (en veral die laat mandaryne) die enigste sitrusvariëteit wat konstante groei in verbruik ervaar. “Dis aanloklik vir produsente om te kweek, dit skil en eet maklik, is ’n gesonde versnapering en ’n gunsteling kosblik-opsie vir kinders.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie