My oom en sy hoendertjie
Almal in ons familie is verslaaf aan koffie. Ons lewens maal om koffie en alles wat ons doen, word langs 'n koffie gereël. Groot besluite gebeur met koffie in die omtrek.
En ons vat haar sterk, met min melk en geen suiker. Partykeer sal ons net so 'n knippie soet bygooi om die verhaal mak te maak. Dit gebeur maar selde - net as iemand 'n kleintoontjie stamp of 'n kilogram optel.
Koffie het die dokter, sielkundige, onderwys- en support system geword.
In die middel van Junie, 'n paar jaar gelede, het my oom en sy vrou geskei. Dit was 'n storie wat tot by die familie in die Vaaldriehoek gewaai het.
My oom raak toe verlief op sy gym-instrukteur. Baie vinnig ook. Die verlowing was 'n week later. Sy was nog nie eers behoorlik afgekoel nie, toe koop hy 'n Sterns-nommer en plak 'n vir ewig-soen op haar voorkop. Ons kom bymekaar, maak sterk koffie en gesels.
Die gym-instrukteur is 'n tannie wat so min klere moontlik dra wanneer sy oefen. Net genoeg dat die law nie ondersoek instel nie. Sy is versot op silwer. Om haar nek, enkels, polse en arms hang onnodig baie blink. Waar daar plek aan haar liggaam is waar iets van kan afhang, daar is 'n silwer-ietsie. Natuurlilk weens haar beroep as gym-instrukteur is sy erg gespierd en 'n peach-oranje kleur. Sy lyk soos gerookte hoenderborsie wat in foelie toegedraai is vir padkos.
Daaiselfde jaar, toe is ons in die onderdorp vir die jaarlikse skou. 'n Paar dae voor die verrigtinge afskop, laat weet my oom die familie sy nuwe kraai gaan aan 'n fiksheidskompetisie deelneem en ons moet kom ondersteun.
Die straat tussen die biblioteek en die Porra word toegemaak en die dorpsraad slaan 'n groot, geel tent by Bears se pavement op.
Onder dáái tent gebeur alles. As jy nie dit onder die geel tent gesien het nie, het dit nie gebeur nie. Dit werk op dieselfde beginsel as Huisgenoot.
Ons is geleer jy ondersteun mekaar, maak nie saak waarin nie. As een atletiek hardloop, is almal daai dag in die blou span. As niggie-goed sertifikaat kry, dan sit ons die eerste ry vol. So, ongeag hoe dit gebeur het dat ons nou 'n hoenderbors in die familie bygekry het, ons het gaan ondersteun. Alles natuurlik om koffie.
Saterdagoggend vroeg staan ons die stoep van die Porra toe. Almal met 'n koffie in die hand. Ons maal om die geel tent en dit lyk soos 'n swerm bye om 'n Iron Brew. Die familie en al ons extensions cheer. Toe kondig die burgemeester die sterkvroukompetisie aan, en 'n groep vrouens verskyn aan die linkerkant van die verhoog.
Borsie is die voorloper. Dié het 'n silwer ketting, waarmee jy ook 'n boerboel mee kon beheer, om haar nek. Sy is geweldig beïndruk met haar vertoning. My oom is lam van al die mooi.
Borsie se bikinibroekie is net-net te knap om iets aan die verbeelding oor te laat.
Borsie beweeg toe van die een kant van die verhoog tot in die middel. En maak verskillende moves. Sy staan op maniere wat haar moeilik maak om te sien. Sy lyk soos 'n borrelgom wat iemand om sy vinger gedraai het. Ons moet koffie kry, sê Oupa hard genoeg dat ons almal dit kan hoor. Ons sien nét die ketting.
“Hierdie saak moet bespreek word,” sê Ouma. “Ek gaan solank die moer by die huis maal. Kom as julle klaar is. Ek kan nie meer hierna kyk nie.”
Toe Borsie haar laaste passie uitryg, glip die hele familie soos 'n poep uit 'n bad uit na Oupa-hulle se huis. Ons beset die hele sitkamer. Ouma loop met die vars koffie die vertrek binne en ons almal is weer aan die asemhaal. Toe skink Ouma die koffie en almal gryp 'n beker. Ons sluk die dag se skok weg. En ons vergewe vir Borsie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie