My siening
JURIE VILJOEN SKRYF: Ons neem kennis van die standpunt van adv. Bience Gawanas wat weer apartheid nader sleep om die aborsiewette van 30 jaar gelede onder verdenking te plaas.
Voor die wêreld is jy seker reg om die era van apartheid te gebruik om punte aan te teken, maar elkeen wat aborsie gaan ondersteun, ook u, sal eendag voor die Hemelse Regter rekenskap moet gee van die moord op ongebore kindertjies.
Oor een honderd jaar sal apartheid seker nog die skuld kry vir dinge in hierdie land.
Hoekom sal ons ook bekommerd wees as elkeen soveel geld maak soos hy wil uit hierdie Covid-toetse? Geld waarvan waarskynlik nie rekenskap gegee kan word nie.
Elkeen wat hierdie sake steun, sal rekenskap moet gee.
Ons lees ook gereeld van 'n onrusbarende getal skoolkinders wat swanger word. Hoekom sal ons bekommerd daaroor wees?
Uiteindelik sal aborsie gewettig word deur die Namibiese parlement, want daar word met ander maatstawwe gemeet. Hierdie “sports” waarmee kinders hulle besig hou is niks nuuts nie.
Onmiddellik ná die onafhanklikheid van hierdie land was ons deur E.P.I. (Education Program Implementation) na 'n skool in die sentrale Weste gestuur om klagtes van ouers te ondersoek. Glo dit as u wil: Die skoolkomitee het snags beurte by die meisieskoshuis gereël en besoekers het toegang gekry deur 'n gat in die “veiligheidsheining”. Hierdie mans het nie gaan koffie drink nie. Van die verslae wat agterna opgestel is, is voorgelê. Niks het egter gebeur nie.
'n Ander sending moes “teenage pregnancies” ondersoek.
Skokkende verslae is uitgebring. Dit was onder andere ouers wat hul dogters gestuur het na naburige areas om geld te verdien. Hulle moes die eeue-oue beroep beoefen sodat hul ouers beter kan lewe.
Selfs 'n senior onderwysman is as een van die skuldiges uitgewys. As ek toegelaat word om al die aanbevelings op die tafel te plaas, sou ek die dokumente onder jare se stof kan uitgrawe.
Hoekom sal die parlement ure daaraan bestee om die aborsiewet te bespreek as almal weet dat daar punte vir die komende verkiesing gesoek word?
Keur dit goed, maar noem dit “legalized murder”.
Ek is oortuig dat dit die pad is wat Namibië gaan volg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie