My twee persent en die Ruiter van die Windjie
Met die Namibiese ekonomie wat soos ’n voos geryde ou knol moeg en sat gery vol salpeter op sy knieë staan, wonder ek heeltemal te veel oor ons dierbare land se toekoms en veral die kampinie wat aan bewind van die Land of the Brave staan.
Die ou Knol sug en sidder terwyl sy oorgewig ruiter met lomp, swaar bagasie sy spoorbelaaide laarse herhaaldelik in sy ryperd (die Namibiese belastingbetaler en verbruiker) se sye inskop, en dan wonder ek te dikwels in die tabernakel-ure van die nag waar dit alles gaan eindig.
Sal dit dan ooit eindig?
Bykans alles in Namibië is duurder as in ons suidelike buurland, waarvan ons heeltemal te afhanklik is.
Dinge soos brandstof is darem nog goedkoper as in die RSA, waar die meeste van ons tjorre se sous vandaan kom.
Maar met ons sponsagtige Namibiese goewerment wat gedurig aan’t opsuie is, weet g’n mens vir hoe lank ons nog goedkoper as oorkant die Groot Gariep ’n druppel of twee in ons leë tenks kan aanvul nie.
Dalk is vleis ook by ons nog ’n oulap goedkoper, maar kiepkiep is duurder hier – genadiglik meer bekostigbaar as lam-Saartjie en bees-Blommie wat laas week nog iewers ietwat moedeloos op ’n plaas na die dorre verskroeide aarde sonder ’n grashalm gestaar het.
Dit bring my by die Afrikamentaliteit-ding om skaamteloos bakhand te staan en bedel – selfs by sy burgers, die internasionale gemeenskap en pêlle daar uit Tjaaina in die Ooste.
“Ou my ook,” verduidelik die manne wat weet hoe.
Dis ’n Afrikading van verwagting.
Jy sál gee, jy móét gee, jy gáán en dit is die einde van die storie.
“Ons is goeie ouens en gee werklik om vir ons arme ou volkie wat so swaar kry,” beduie mnr. Ruiter van die Windjie, terwyl hy flambojant glimlag en sy hand reeds agter die rug hou waarin die bykomende fondse van die skenker geplaas moet word.
Dit gebeur terwyl sy oorbevolkte gevolg iewers in ’n duur vyfsterhotel duur sjampanje sit en suip en kaviaar verorber, wat die belastigbetaler se reeds leë sak nog verder skud.
Die aerie waarmee rondgerits word, vlieg natuurlik ook op wondersous wat vrylik bekombaar is en geskenk word . . .
’n Medeburger het ’n video gemaak van hoe die Namibiese regering met drie verskillende presidente in die saal sedert onafhanklikheid ’n vol glas nektar geledig het.
Met die laaste lekseltjie nektar oor in die glas beduie die mens hoe die nuwe leierskap die laaste titseltjie die afgelope paar jaar opslurp, en met ’n leë glas voor die mond beduie hy hoe daar nou geskud en geklop word om nog ’n druppeltjie uit ’n reeds droë kommetjie te tap.
“Julle moet twee persent gee, óf . . .”
Ja, geen probleem nie, want aangesien ek in die Namibiese dollars rol, kan ek mos maar daai ou pondjie afstaan, of hoe?
Dit is ’n edele gedagte van hoe Namibiërs mekaar bystaan en ons boere help. Nou wonder ek wie almal ’n ou gewillige twee persentjie van hulle kant af na my toe gaan laat rol as die groot droogte in my beursie in felheid woed?
Die tabakplaas wat nou weer in die nuus is, is sekerlik opnuut die bewys van hoe dubbele standaarde toegepas word en vir wie dit geld.
Die feite is legio terwyl daar gierig na Namibië en haar bates gestaar word.
Sak Sarel, Pa wil vir ou knol die doodskoot gee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie