Mylene loop, Ockie sit
Mylene loop, Ockie sit

Mylene loop, Ockie sit

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Swendelvrou Mylene Jooste is uit op borgtog, maar haar man, die sielkundige, dr. Ockie Jooste, is steeds in aanhouding by die polisiekantoor by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako.
Dié egpaar is verlede Vrydag in hegtenis geneem nadat hulle van diefstal met valse voorwendsels aangekla is. Mylene is Woensdag tydens hul tweede verskyning in die Windhoekse landdroshof op borgtog van N$5 000 vrygelaat. Haar borgtogvoorwaardes is dat sy nie met getuies in die ondersoek wat steeds voortduur, mag kontak maak nie.
Landdros Inge Rheen het die saak tot volgende Donderdag uitgestel vir dr. Jooste om om borgtog aansoek te doen. Mnr. Ivann Tjizu het vir die staat verskyn en mnr. Kennedy Haraseb verteenwoordig die Joostes.
Intussen wordRepublikein met telefoonoproepe, boodskappe, e-posse en SMS'e oorval van mense wat vertel - sommige in trane - hoe hulle glo deur die Joostes ingeloop is. Die woordvoerder van die polisie, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, doen ’n beroep op mense wat beweer dat die Joostes hul met skelmstreke gevang het, om klagte by hul naaste polisiekantoor aanhangig te maak.
Een van die boodskappe lui: “Dit is betreurenswaardig dat ’n bekende sielkundige soos Jooste wat baie mense gehelp het, só laag kon daal om met beweerde skelmstreke besigheid te doen.”
’n Voormalige werknemer skryf baie van die werkers wat in diens van dr. Jooste by die My Wellness 24/7 rehabilitasieprogram gewerk het, is sedert twee jaar gelede nog nie hul salarisse betaal nie.
“Ten spyte van beloftes van hom dat hy dit sou doen en ’n verhoor by die arbeidskommissaris se kantoor waar sy vrou onderneem het om betalings te doen.”
Klagte is ook in 2014 by die ministerie van arbeid teen die sielkundige ingedien waar die werkers van bakboord na stuurboord – van die hoërhof tot terug by die arbeidskommissaris –gestuur is, “waar ons voor toe deure te staan gekom het”.
Die werker skryf “dit is ondenkbaar dat ’n persoon soveel jare na onafhank­likwording van Namibië, Namibiese burgers só beroof en in die moeilikheid laat beland ten opsigte van finansiële verpligtinge, verantwoordelikhede ten opsigte van jouself, jou kinders, families. Jou hande is letterlik afgekap.”
OpRepublikein se Facebook-blad gons dit: “Ja Ockie, meng jou met die semels, dan vreet die varke jou op. Jy behoort van beter te weet. Soos ek die storie ken, sal sy (Mylene) skotvry afkom en jy sal tronk toe.”
Ander kry dr. Jooste jammer: “Dr. Ockie hoekom tog so? Jy was so n goeie mens. Mag die Here jou oë oopmaak en jou hier uithaal. Ek bid vir jou.”
Ander is nie so simpatiek nie: “Soort soek soort, en nou het slim sy base gevang! Hulle betaal seker omkoopgeld sodat die polisie-dossiere elke keer wegraak?1396986481

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!