Mylpaal in veilige ontsouting
Mylpaal in veilige ontsouting

Mylpaal in veilige ontsouting

Areva se ontsoutingsaanleg kan opgegradeer word om aansienlik meer seewater drinkbaar te maak.
Ronelle Rademeyer
Die Erongo-ontsoutingsaanleg, wat in 2010 in gebruik geneem is, het verlede week die mylpaal van sewe jaar sonder enige verlore tyd-besering (LTI) gevier.
Dit beteken daar was geen besering wat gedurende, of as gevolg van diens, ontstaan het en meegebring het dat die beseerde vir een of meer skofte nie geskik was om te werk nie.
Dié aanleg, sowat 35 km noord van Swakopmund, is die grootste aanleg vir die ontsouting van seewater in Afrika suid van die Sahara. Dit produseer jaarliks 20 miljoen kubieke meter ontsoute water.
Dit is opgerig om Areva Resources Namibia se Trekkopje-myn van water te voorsien en word deur Aveng Water Treatment bedryf.
Areva het verlede week tydens die viering van dié veiligheidsmylpaal gesê die veiligheidstelsels by die aanleg is onafhank­lik gesertifiseer en voldoen almal aan die internasionale veiligheidstandaarde, bekend as OHSAS 18001.
“Die veiligheidstandaarde en -kultuur by die aanleg is die grondslag vir hierdie besonderse mylpaal,” sê Areva in sy verklaring.
Die aanleg kan maklik opgegradeer word om die produksie na 26 miljoene kubieke meter water per jaar te verhoog sonder om die aanleg te vergroot. Verder sal 'n bykomende belegging die produksiekapasiteit aansienlik verhoog teen 'n fraksie van wat dit sal kos om 'n nuwe aanleg op te rig, sê Areva.
“Die Erongo-ontsoutingsaanleg is 'n unieke bate wat elke dag bewys lewer van sy sentrale rol in Namibië se watersekuriteit oor die lang termyn,” lui die verklaring.
Die aanleg voorsien water aan die uraanbedryf sowel as aan die munisipaliteite langs die kus.
“Sover het dit voorsien wat in die kort termyn nodig was. Soos in die geval van enige nywerheidsgrootte ontsoutingsaanleg elders in die wêreld, het die Erongo-aanleg ook 'n lang termyn visie en waterooreenkomste vir die lang termyn nodig,” sê Areva.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!