Mynbedryf diu00e9p bekommerd
Mynbedryf diu00e9p bekommerd

Mynbedryf diép bekommerd

Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy – Bekommerd, bekommerd en nóg bekommerd.

Die president van die Kamer van Mynwese van Namibië, mnr. Kombadayedu Kapwanga, se jaaroorsig is deurspek met dié woord as hy na die regeringsbeleid verwys.

Kapwanga het Dinsdag tydens die kamer se algemene jaarvergadering veral na die voorgestelde Nuwe Raamwerk vir Gelyke Ekonomiese Bemagtiging (NEEEF), die Wet op Beleggingsbevordering, bykomende voorwaardes gekoppel aan mynlisensies, bemagtiging van mynwerkers en fosfaatmynbou verwys.

Veral met betrekking tot die voortslepende onsekerheid oor NEEEF is die kamer bekommerd dat Namibië nóg slegter op die Fraser Instituut se toonaangewende beleggersindeks kan vaar.

Op die jongste indeks word Namibië as die negende mees aantreklike beleggersbestemming in Afrika aangedui - ses plekke laer as in 2015.

Dit is die tweede opeenvolgende jaar dat Namibië op Fraser se indeks val. In 2014 was die land die topbestemming op die vasteland.

In Fraser se jongste verslag word NEEEF en die bykomende voorwaardes vir mynlisensies as redes vir die tuimeling uitgesonder. Kapwanga het namens die mynboubedryf ‘n beroep op die regering gedoen om ‘n “vriendskaplike” oplossing vir die NEEEF-kwessie te bespoedig en sodoende “skadelike beleggersentiment” te verwyder.

Tydens die amptelike opening van die Mynbou Ekspo gister het die minister van myne en energie, mnr. Obeth Kandjoze, gesê hy neem kennis van die bedryf se vrese en die behoefte aan ‘n raamwerk geskoei op markbeginsels wat private sektorgroei akkommodeer. Volgens Kandjoze is daar “groot waardering” vir die bedryf se voorleggings oor NEEEF.

Met verwysing na bykomende voorwaardes sê Kandjoze hoewel die bedryf se eienaarskemas vir werkers verwelkom word, vervang dit nie die vereiste dat gemarginaliseerde Namibiërs ‘n belang van 5% in mynlisensies moet hê nie. Oor die vereiste dat agtergeblewe Namibiërs 20% van die bestuurstruktuur moet teenwoordig, het Kandjoze gesê: “Ek wil julle soebat om betekenisvolle bemagtiging en transformasie te verseker. As goeie korporatiewe burgers berus dit op almal om julle aan opregte bemagtiging toe te wy.”

Kapwanga het Dinsdag Kandjoze se “weiering” om die bedryf se eienaarskemas te aanvaar, as ‘n struikelblok beskryf.

Lees ook berigte op bl. 13.

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!