Mynbou bly sterk midde Covid
Die minister van mynbou is trots op dié bedryf se prestasies en bystand gedurende die pandemie.
Augetto Graig
Tydens vanjaar se mynboukonferenise wat gister virtueel deur die Namibiese Kamer van Mynwese aangebied is, het die minister van myne en energie, mnr. Tom Alweendo, die bydrae van dié bedryf tot die land se ekonomie beklemtoon.
Afgesien van die groter as 10,1% bydrae tot die nasionale BBP en die 14 591 werksgeleenthede gebied deur mynbou in 2020, het Alweendo die samewerking geloof waarmee die voortou teen die uitbreking van Covid-19 in die land geneem is.
“Mynbou se vermoë om vooruit te boer onder moeilike omstandighede dui die positiewe werksverhouding tussen die Namibiese regering en mynbou-ondernemings aan,” sê Alweendo.
Hy sê dis hierdie samewerking wat sy minister toegelaat het om mynbou as ’n noodsaaklike diens te klassifiseer om bykans soos normaal voort te gaan terwyl die res van die land herhaaldelik ingeperk was.
“Namibiese mynbou is verantwoordelik vir 50% van ons uitvoere. Dis in hierdie opsig dat ek glo mynbou moet kyk na die inbou van veerkragtigheid in terme van waardekettings vanaf verskaffers tot stroomaf-kliënte,” sê die minister. Alweendo noem dat die mineralswet vereis mynbou maatskappye moet goedere en dienste binne Namibië verkry tensy dit nie in die land beskikbaar is nie.
“Vandag verkry mynbou ondernemings steeds vanaf buitelandse maatskappye, buit Namibië, terwyl plaaslike maatskappye potensiaal die goedere en dienste kan voorsien,” sê hy.
Altesaam is N$12,3 miljard in waarde gedurende 2020 deur mynbou op plaaslike goedere en dienste bestee – maar te veel hiervan gaan na maatskappye wat in Namibië registreer is, maar aan buitelanders behoort, sê hy. Hiervoor is ’n databasis deur die ministers en die mynbou kamer ontwikkel, om plaaslike verskaffers na mynbou-ondernemings te bring. Hy het wyer deelname vir hierdie projek versoek.
Die minister het spesifiek mynbou se bydrae tot die stryd teen Covid-19 uitgelig.
Kamer van Mynbou-lede het N$77,9 miljoen aan nasionale en plaaslike pogings teen Covid-19. Later het mnr. Mark Dawe, besturende direkteur van B2Gold Namibia en voorsitter van die ingrypingsgroep uit die private sektor, onder leiding van die nasionale sakekamer, die inisiatief vir die verkryging van mediese suurstof verder uitgebrei ter ondersteuning aan die regering.
Alweendo sê verskeie ondernemings het winste gesny of selfs afgestaan om die koste per besending van suurstof vanaf sowat N$50 000 tot sowat N$27 000 elk af te bring. Die private sektor het ook tydelike hospitale gebou, beddens voorsien of reggemaak en infrastruktuur herstel, om gesondheidswerkers beter in staat te stel om die pandemie te bekamp. Hy sê dis nodig dat dié steun voortgaan tot ná einde September, soos beloof is, om die land vooraf teen ’n volgende golf infeksies voor te berei.
HINDERNISSE
Van die struikelblokke vir die groei van Namibiese mynbou sluit in vertroue om direkte beleggers vanuit die buiteland te lok.
Hoewel die minister bevestig het dat die regering die wet wil verander sodat die staat verniet eienaarskap in mynbou-ondernemings kan kry, en om die minister toe te laat om te besluit oor die opveiling van mineraalregte, het betrokke kenners gesê hulle verwag verbetering in Namibië se aanloklikheid vir beleggers.
Mnr. Fabian Shaanika, RMB se hoof van mynbou en hulpbronne, sê sekerheid oor beleid skep vertroue. Met die vestiging van die NIPDB (Namibia Investment Promotion and Development Board) om kommer oor NEEEF aan te spreek, en die regering se besluit om verandering tot belastingregulasies te laat vaar, is daar meer sekerheid, sê hy.
“Ek dink ons het genoeg gedoen om die vlak van onsekerheid om beleid te verminder,” sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie