Mynbou Ekspo begin vandag

Die twee dae lange uitstalling bring dié belangrike Namibiese bedryf onder almal se aandag.
Augetto Graig
Augetto Graig



Groot opwinding heers by Windhoek se skougronde waar vanjaar se Mynbou Ekspo vandag afskop.

Die program begin amptelik wanneer die Namibiese Kamer van Mynbou se hoof uitvoerende beampte, mnr. Veston Malango, die verwelkomingstoespraak lewer. Daarná kry die minister van myne en energie, mnr. Obeth Kandjoze, 'n spreekbeurt en hy sal die rooi lint sny om toeskouers te verwelkom.

Die minister sal die verskeie stalletjies besoek, en die diamanttentoonstelling open, voordat hekke vir die publiek oopgemaak sal word. Vanjaar se ekspo is vandag en môre, en die tema is “Maai die voordele van mynboubelegging”.

Drie sale sal vol interessante mynboutegnologie, -toerusting en -kenners wees, terwyl sowat 70 uitstallers sal wys wat hul bydrae tot mynbou in Namibië is.

Een hoogtepunt sal beslis die jaarlikse konferensie wees.

Kenners sal onder meer die volgende onderwerpe bespreek: ­prestasies en uitdagings van mynbou in Namibië, die ­grootste uraanmyn ter wêreld, Husab, wêreld-eksplorasie tendense, uraanmarkte, toegang tot water, spoor-infrastruktuur, en die aanmoediging van geslagsbalans in die sektor.

Veiligheid, maatskaplike ­belegging en die impak van die regering se Harambee- en NDP5-planne op mynbou sal ook bespreek word.

Vanjaar se sprekers sluit in Zheng KePing van Swakop Uranium, Brandon Munro van Bannerman, Johan Coetzee, die president van die Kamer van Mynbou, Hippy Tjivikua van TransNamib, Andre Snyders van Standard Bank en me. Gloria Simubali, direkteur van die geologiese opname (GSN).

Business7 se etenstyd-praatjie môre is 'n hoogtepunt.

Nywerheidsleiers soos mnr. Mark Dawe, uitvoerende direkteur van B2Gold se Otjikoto-goudmyn, en mnr. Hein Boegman, hoof uitvoerende beampte van PWC in Afrika, sal hul kennis met genooide gaste deel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!