Mynbou Ekspo groter as ooit
Augetto Graig
Die Namibiese Kamer van Mynbou se jaarlikse Mynbou Ekspo het gister by Windhoek se skougronde afgeskop en loop vanaand tot 'n einde.
Vanjaar se ekspo is groter as ooit met die land se energie- en brandstofnywerhede wat vir groter deelname gesorg het.
Mnr. Simeon Negumbo, permanente sekretaris van die ministerie van myne en energie, het namens sy minister die amptelike openingstoespraak gelewer.
Daarin noem die minister, mnr. Tom Alweendo, die ekspo 'n “wêreldklas” geleentheid.
Volgens hom is die twee dae lange uitstalling 'n langtermynbelegging. Alweendo sê die jaarlikse byeenkoms slaag daarin om 'n bewustheid van mynbou in Namibië te versprei.
Volgens die minister sal waardetoevoeging voortdurend voorkeur geniet.
Hy noem dat goeie vordering reeds op dié gebied gemaak is, veral deur die gesamentlike waardetoevoegingskomitee.
Dié komitee het al twee studies voltooi wat waardetoevoeging met betrekking tot Namibië se verskeie minerale ondersoek.
Volgens Alweendo se toespraak beplan die ministerie om 'n koperdraadfabriek in Zambië en 'n galvaniseringsaanleg in Suid-Afrika te besoek om eerstehandse inligting oor dié tipe tegnologieë in te samel.
Die minister het die Kamer van Mynbou se jaarvergadering Dinsdagaand self bygewoon.
Daar het hy die hoop uitgespreek dat die waardeketting van Namibië se minerale hulpbronne plaaslik sal versterk.
Hoewel die minister verheug is oor die feit dat meer as 40% van Namibië se mynbouvoorraad plaaslik aangekoop word, moet plaaslike bande bly versterk, meer waarde plaaslik toegevoeg word en die waardeketting in die geheel beter bestuur word, het hy gesê.
Volgens Alweendo sou dít beter integrasie van mynbou in die res van Namibië se ekonomie teweegbring, asook meer veerkragtigheid en uiteindelik 'n strukturele transformasie van die ekonomie.
Alweendo wil ook graag meer beleggings in Namibiese mynbou sien.
Hy sê spesiale aandag sal ook geskenk word aan die aanmoediging van eksplorasie om meer minerale te ontdek.
Die minister sal ook die oprig van meer myne ondersteun sodat meer Namibiërs deur middel van mynbou van werksgeleenthede voorsien kan word.
Om dit te vergemaklik, benodig Namibië goeie en duidelike wetgewing, wat omvattend is en regverdig toegepas word, het Alweendo gesê.
MYNBOUWET
Die ministerie is tans besig om die mynbouwet te hersien, wat na verwagting voor die einde van vanjaar voltooi sal wees, het hy gesê.
Alweendo het bygevoeg hy sal op die etiese gedrag in die mynbousektor fokus, wat insluit goeie bestuur, die handhawing van toepaslike wette, werksomstandighede en mynwerkers se produksie.
By die amptelike opening van die ekspo is erkenning gegee aan prestasies op veiligheidsgebied.
Vanjaar het Orano, voorheen bekend as Areva, die kategorie vir myne onder sorg en instandhouding gewen.
Bannerman is as 2017 se veiligste eksploreerder aangewys, terwyl Imerys Gecko se Okanjande-grafietprojek die veiligste onder die kleiner operasionele myners is.
Namdeb het die toekenning vir die veiligste van die groter myne in Namibië gewen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie