Mynbou gaan van krag tot krag
Die jaarlikse mynbou-ekspo vind binnekort plaas en vier vanjaar die Kamer van Mynbou se 50ste bestaansjaar.
Augetto Graig - Ondanks die ekonomiese knyptang het die mynbousektor in 2018 met 22% gegroei in vergelyking met 13,3% in 2017.
Volgens die Namibiese Kamer van Mynbou se syfers is meer as 40% van die opbrengste van internasionale verkope van Namibiese mineralehulpbronne die afgelope vier jaar aan dienste en voorraad van Namibiese verskaffers bestee.
Dít het sowat N$11,77 miljard in 2018 beloop.
Mnr. Veston Malango, die Namibiese Kamer van Mynbou se uitvoerende hoof, het Woensdag vanjaar se mynbou-ekspo amptelik aangekondig.
Dit sal op 8 en 9 Mei by Windhoek se skougronde plaasvind.
Die ekspo word elke jaar, sedert sy ontstaan agt jaar gelede, groter.
Verlede jaar was die ekspo se beste jaar tot dusver met 94 uitstallers, 144 stalletjies en 2 748 besoekers.
Vanjaar vier die kamer ook sy 50ste bestaansjaar en Malango nooi Namibiërs uit om die geleentheid gratis mee te maak.
“Dit is ’n unieke jaar; ons goue jubileum,” het hy gesê.
Malango het beklemtoon die ekspo is nie ’n beleggingskonferensie nie, maar eerder ’n viering van Namibië se mynboubedryf.
Jongmense sal toegang tot inligting oor moontlike loopbane in dié bedryf by die ekspo hê en kan meer oor mynbou in Namibië in die algemeen leer.
Terselfdertyd word ’n nywerheidskonferensie gehou, waartydens rolspelers in die Namibiese mynbedryf prestasies sal vier en uitdagings bespreek.
Volgens Malango is die toename in die produksie van veral uraan en diamante, saam met die versterking van sekere kommoditeitspryse op die wêreldmark verantwoordelik vir die herstel van mynbou in Namibië.
Die toename in uraanproduksie by die reuse- Husab-myn het tot 31% se groei in die totale produksie vir Namibië in 2018 bygedra.
In 2017 is 4 981 ton uraan gelewer, wat in 2018 tot 6 514 ton gestyg het.
Meer diamante is ook gemyn: In 2017 is 1,8 miljoen karaat se diamante gemyn en in 2018 meer as 2 miljoen karaat – ’n toename van 11%, het Malango gesê.
In die toekoms sal belê word in mineralegebruik (“battery-minerale”) in die vervaardiging van hoëtegnologieprodukte, het hy gesê.
Volgens Malango is eksplorasie-aktiwiteite vir kobalt, asook grafiet- en litiumproduksie voorbeelde van die plaaslike ontwikkeling hiervan.
Tin word, weens die uitsluitlike gebruik daarvan vir soldeerwerk aan moderne rekenaarmoederborde, ook hierby ingesluit.
As gevolg hiervan het die prys van tin wêreldwyd tot sowat US$22 000 per metrieke ton gestyg.
Koper verkoop teen sowat US$6 000 per metrieke ton, terwyl kobalt tussen US$65 000 en US$70 000 per metrieke ton werd is.
Die prysverhoging in tin het die heropening van die ou Namib Lood- en Sinkmyn buite Swakopmund tot gevolg gehad, het Malango gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie