Mynbou maak gereed vir spog
Vooruitsigte in die mynbousektor lyk rooskleurig danksy sterker kommoditeitspryse en meer verskeidenheid.
Augetto Graig - Mnr. Veston Malango, uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van Mynbou, het verlede week reëlings vir die sewende jaarlikse Namibiese Mynbou Ekspo aangekondig.
Die ekspo sal vanjaar op 25 en 26 April by Windhoek se skougronde plaasvind.
Die tema is die optimalisering van die plaaslike mynbousektor se vermenigvuldigingseffek.
Dit het ten doel om die plaaslike mynboubedryf se reaksie op die regering se versoek vir meer waardetoevoeging tot rou hulpbronne vóór uitvoere ten toon te stel en aan te moedig.
“Ons het gehoor gegee aan die regering se dringende versoek vir waardetoevoeging in die mynboubedryf. Hoewel ons volhou dat ons myners is en nie vervaardigers nie, hou die onttrekking van minerale die moontlikheid van nuwe waardekettings vir Namibië in. Hierdie markte kan en moet verder verken word.
“As aandeelhouers moet ons proaktief wees waar moontlik om geleenthede vir Namibië ontsluit,” sê Malango.
Tans is die vooruitsigte vir mynbou in Namibië goed, sê hy.
Verskeie nuwe rolspelers het die afgelope maande ’n groter verskeidenheid minerale vir myndoeleindes geïdentifiseer.
Hoewel uraanpryse nie na wense is nie, is die Kamer van Mynbou steeds optimisties oor uraanmyne in Namibië se toekoms, sê Malango.
“Ons is baie positief ná die onlangse verhoging in kommoditeitspryse - veral wat basiese metale en minerale betref, wat deesdae as batteryminerale bekend staan.
“Dit sluit onder meer litium, grafiet, skaars aardmetale en kobalt in.
“Die styging in pryse vir hierdie kommoditeite word aangedryf deur elektroniese voertuie en hernubare energiestoortegnologieë. Wêreldwye groei het ook ’n invloed op die vraag na kommoditeite,” sê hy.
“Die vooruitsig vir verkenning - veral wat hierdie minerale betref, is positief,” sê Malango.
Hy het verwys na projekte soos die Desert Lion-litiumprojek naby Karibib, die Gecko Opuwo-kobaltprojek, Namibië- seldsame aardmetaalprojek en die Namib lood- en -sinkmyn naby Swakopmund waar mynontwikkeling tans plaasvind.
Nog ’n hoogtepunt was die eerste produksie-oplaag van die Okandjande-grafietmyn in April 2017, sê hy.
Volgens Malango hou die groei van die elektriese motorvoertuigbedryf geleenthede vir Namibië in omdat “batteryminerale” daarin gebruik word.
Hy sê die mynboubedryf sal voortdurend op die uitkyk wees vir geleenthede om waarde toe te voeg en vir plaaslike verkrygingsgeleenthede, terwyl gesprekke oor plaaslike inhoudsgebruik en plaaslike eienaarskap van myne in die land met die regering sal voortduur.
“Ons is voortdurend besig met onderhandelinge met die regering oor Namibië se nuwe beleggingspromosiewet en addisionele voorwaardes vir lisensies.
“Ons glo ook die finale weergawe van NEEEF sal alle kwessies aanspreek wat deur verskeie dele van die privaat- en openbare sektore uitgelig is,” sê hy.
Volgens hom sal voortdurende betrokkenheid en samewerking tussen die Kamer van Mynwese en die regering Namibië help om weer die topbestemming vir mynboubelegging in Afrika te word.
Mynbou skep direkte werksgeleenthede vir sowat 16 000 Namibiërs, en wanneer die vermenigvuldigingsfaktor van sewe toegepas word, dui dit op die voortbestaan van 112 000 Namibiërs in dié bedryf.
Boonop word verdere opleiding deurgaans aan Namibiese kundiges verskaf wat lei tot ’n aanvraag in plaaslike myners in die buiteland.
Namibiese mynbou-ambagsmanne werk byvoorbeeld tans in Afrikalande soos Mali, sê Malango.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie