Mynbou moet gemeenskap baat
Gasheerlande moet volgens die eienaars van die Otjikoto-goudmyn in die sentrale noorde van Namibië tasbaar voordeel trek wanneer buitelandse maatskappye hulpbronne in Afrika ontgin.
Frank Steffen – “Die dae is verby wanneer ‘n mynboumaatskappy sy bedrywighede geheim kan hou met die doel om maksimum wins te maak.”
Die boodskap het gekom van B2Gold se president en uitvoerende hoof, mnr. Clive Johnson, tydens die ontvangs van 'n toekenning vir volhoubaarheid by die aanlyn mynboukongres van die Prospectors & Developers Association of Canada (PDAC) wat in Maart plaasgevind het.
“In Afrika en ander dele van die wêreld is daar ongelukkig mynboumaatskappye wat nie hul beloftes gestand doen nie. Wat nie hulle plaaslike werknemers of die omgewing respekteer nie en dus mynbou ’n slegte naam gee,” het Johnson gesê.
Afrika moet volgens hom leer om alle mynboumaatskappye gelyk te behandel en hulle verantwoordelik te hou. “Wette en regulasies sowel as die nodige omsigtigheid moet nagekom word.”
Johnson was aan die woord oor B2Gold se suksesse in Afrika. Hy het gefokus op voordele wat die maatskappy na byvoorbeeld Namibië, Mali en Burkina Faso gebring het.
B2Gold is volgens Johnson trots op winsgewende bedrywighede in Namibië, wat gekenmerk word deur die feit dat die plaaslike gemeenskap daarby betrokke is en dat plaaslike personeel se vaardighede geslyp word deur opleiding. Nog 'n bydrae tot volhoubare waarde vir Namibië was die skepping van 'n natuur- en wildpark van 15 000 hektaar met ‘n opleidingsentrum aangrensend aan die myngebied. B2Gold ploeg ook in skole terug en was verantwoordelik vir 'n goudstaaf-projek vir die beskerm van renosters.
In Februarie 2020 is Johnson tydens die oorhandiging van 1 000 onse goud wat te koop aangebied is, gesê: “Ons prehistoriese metaal - goud - word nou gebruik om ’n prehistoriese dier (die renoster) te beskerm, maar ook die lewensonderhoud van die omgewingsbewaarders en wildbewaarders te verseker.” Die inkomste is aan die Save the Rhino Trust (SRT) geskenk.
B2Gold het ook in die stryd teen Covid-19 gehelp, die bou van huise ondersteun en geld aan veeartsenydienste geskenk.
Johnson het 'n beroep op mynboumaatskappye gedoen om eerlik met gasheerlande te onderhandel en beloftes van ontwikkeling en opheffing na te kom. Belangrik is ook om plaaslike bedrywe te bevorder, gemeenskappe te betrek en die omgewing te beskerm.
In Namibië is 99% van mynwerkers volgens Johnson Namibiërs.
In die film Gold in our veins verduidelik mnr. Mark Dawe, bestuurder van B2Gold in Namibië, hoe belangrik dit is om ’n volhoubare nalatenskap agter te laat en hoe plaaslik opgeleide Namibiërs nou in Mali gebruik word om mense daar op te lei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie