Mynbou ’n bedreiging vir prehistoriese kuns
Volgens ’n verslag is minstens 30 argeologiese gebiede in mynareas geleë.
Jana-Mari Smith – Die vernietiging van prehistoriese Namibiese rotskuns deur graniet-mynbou in die Erongostreek, en maniere om verdere skade te voorkom, is boaan die agenda van ’n vergadering van rolspelers wat vandeesmaand plaasvind.
’n Inspeksie sal bespreek word, wat in Februarie naby myne by Otjohorongo en Gross Okandjou Farm gedoen is.
Die gebied is besoek ná lede van die Omatjetje-gemeenskap in Januarie hul kommer oor mynbedrywighede in die gebied uitgespreek het, wat vir sy antieke rotskuns bekend is.
Luidens berigte het Farm Gross Omatjete se eienaar in September verlede jaar ’n saak van die onwettige betreding en vernietiging van eiendom teen ’n Chinees-Namibiese granietmynboumaatskappy aanhangig gemaak.
Hy beweer die maatskappy het granietuitsettings op sy plaas, wat waardevolle San-kuns bevat het, sonder toestemming vernietig.
Volgens argeoloeë se skattings kan van die San-rotstekeninge in Namibië, wat op plekke soos die Otjoharongo-granietheuwels voorkom, ongeveer 5 000 jaar oud wees, terwyl ander tot 30 000 jaar oud kan wees.
Die aanvanklike bevindinge van die verslag dui aan minstens 30 argeologiese gebiede waar meer as 500 rotstekeninge aangetref word, is “binne die voetspoor van beide mynlisensies en -eise geleë”.
Die verslag moet vandeesmaand deur die regering en ander belanghebbendes bespreek word.
Volgens die verslag is dié gebiede direk deur mynbedrywighede beïnvloed.
Van die argeologiese erfenishulpbronne is volgens die verslag reeds vernietig, en die skade is glo onherstelbaar en het tot “permanente verlies gely”.
Die bedrywighede het die estetiese en visuele integriteit van die granietheuwel op Farm Gross Okandjou glo vernietig en ontwrig.
Die verslag lê klem daarop dat die Otjohorongo-granietheuwel ’n merkwaardige argeologiese erfenisgebied is wat weens mynbedrywighede skade kan ly.
“Daar is ’n hoë waarskynlikheid van die direkte versteuring van die gebiede indien geen regstellende stappe gedoen word nie,” sê die verslag.
Die impak sal “groot en permanent” wees.
In die geheel dui die bevindinge op direkte mensgemaakte skade aan die landskap en rotskunsgebiede, wat veroorsaak word deur grootskaalse mynbedrywighede, asook die versteuring van die ekostelsel en geologie van die gebied.
REAKSIE
Die ministerie van mynwese en energie het verlede week bevestig sleutelrolspelers sal vandeesmaand gevra word om te vergader om die bevindinge te bespreek en oor die pad vorentoe te besluit.
Dié belanghebbendes sluit in mynboumaatskappye, die gemeenskap en verskeie regeringskantore soos die nasionale erfenisraad.
Die woordvoerder van die ministerie, mnr. Andras Simon, het verlede week gesê die saak is “baie ernstig” en “moet nie nét deur die ministerie van myne en energie aangespreek word nie”.
Me. Beverley van Wyk, woordvoerder van die erfenisraad, het klem gelê op die belang van ’n “gekoördineerde benadering tot mynbou om sodoende die skade wat dié bedrywighede tans aanrig, in die toekoms te voorkom”.
Mnr. Lukas Sasamba van Dreamland Investments, wat die Ekungungu-steengroef bedryf, het gesê alle mynbedrywighede vind ver van die rotstekeninge af plaas.
Hy is bewus van die vergadering waartydens die bevindinge van die verslag bespreek gaan word, en het gesê hy is gretig vir gesprekke om aan die gang te kom.
Sambasa sê sy maatskappy het, soos die wet vereis, ’n omgewingsimpakevaluering gedoen.
Die omgewingsministerie het die groen lig gegee voor die bedrywighede voortgesit is.
“Die EIA-verslag het aangedui daar is wel rotstekeninge in die area, maar ver van ons af,” sê hy.
Hy sê indien die inspeksie wel prehistoriese kuns in die betrokke gebiede gevind het, sou hy gewillig wees om die saak verder te bespreek.
Dreamland Investments het verlede week ’n nuusverklaring uitgereik waarvolgens 30 werknemers by hul graniet- en marmer-operasies in die Erongostreek afgelê gaan word, en produksie tot stilstand gekom het weens die skerp afname in aanvraag weens die Covid-19-pandemie.
Die kennisgewing het aangedui Ekungungu en ’n ander steengroef, Ewe mynbou, word hierdeur geraak.
NEEM AKSIE
Bekommerde omgewingskundiges sê daar is ’n dringende behoefte aan ’n strategiese evaluering van die steenmynsektor, wat graniet en marmer insluit. Dít is om vas te stel of die waarde wat dié sektor vir Namibië inhou die hoë kostes van die skade aan die omgewing en erfenisgebiede oorskry.
’n Argeoloog, wat anoniem wou bly, sê die beskadiging van rotskunsgebiede deur mynbedrywighede en vandalisme is nie ’n nuwe probleem nie, maar te min is oor die jare gedoen om die probleem ernstig aan te spreek.
Volgens hom is daar wel wette en regulasies om die bewaring van argeologiese erfenisgebiede te verseker, maar die implementering daarvan is dikwels nie effektief nie.
“Ons kan nie net die steenmynsektor die skuld gee nie. Waar is die owerhede en mense wat moet seker maak dié gebiede word beskerm?”
Volgens die argeoloog word die Otjohorongo-granietheuwels beskou as die bron van die land se belangrikste rotskuns, en terwyl nuwe ontdekkings deurentyd gemaak word, kan mynbedrywighede onbepaalde verliese veroorsaak.
“Dit is kommerwekkend. Jy kan nie die skade herstel nie. Jy kan dit nie regmaak nie.”
Hy het bygevoeg die vernietiging van hierdie gebiede is nie net ’n verlies van die land se kulturele erfenis nie, maar lei ook tot ’n verlies aan inkomstemoontlikhede vir die gemeenskap en die toerismebedryf.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie