Mynbou skitter in 2022
Mynbou skitter in 2022

Mynbou skitter in 2022

Die Kamer van Mynwese verwag goeie produksie vanjaar.
Augetto Graig
Augetto Graig – Die Namibiese Kamer van Mynwese verwag ’n goeie jaar vir die mynbousektor in 2022.

Die kamer is positief dat mynbou die ekonomie se herstel vanjaar weer sal ondersteun en nog ’n rekordjaar van groei sal aanteken.

“Die vooruitsigte vir die diamantsektor is veral gunstig,” sê die mynboukamer.

“Dit aangesien verhoogde produksie voorspel word met Debmarine se nuwe vaartuig, die AMV3, wat geskeduleer is om bedrywighede langs die Namibiese kuslyn in die tweede helfde van die jaar te begin.”

Tweedens noem die Kamer van Mynwese dat die ou Kombat-kopermyn wat deur Trigon Metals besit word, weer operasioneel is en hierdie jaar meer sal vervaardig.

“Die myn het sy eerste besending van koperkonsentraat gedurende Desember verlede jaar gestuur,” luidens die kamer.

Mnr. Veston Malango, die uitvoerende hoof sê: “Mynbou se vooruitsigte is uiters positief te midde kommoditeitspryse wat vir mynboubeleggers aantreklik bly, om nie eens te praat van die konstante verbetering van die uraanprys wat die afgelope vyf maande waargeneem is nie. Daar is verskeie projekte vir goudeksplorasie wat lewensvatbare hulpbronne vir mynontwikkeling bewys het, sowel as gevorderde uraanprojekte wat waarskynlik mynontwikkeling sal betree sodra die aansporingsprys van US$65 per pond bereik is,” sê hy.

In terme van aanvraag, sê hy die meerderheid onedelmetale en minerale wat gebruik word in die vervaardiging van batterye word gesoek weens die aanvraag van tegnologie vir groen-energie, die groei van die elektriese voertuigmark en die eksponensieel groeiende mark vir digitale en elektroniese produkte, het Malango gesê.

Hy sê die aanvraag na hierdie minerale word weens die globale probleme met die voorsiening van kommoditeite en verbruikersgoedere vererger.

Die vraag na diamante herstel merkwaardig weens ontwikkelende lande se ekonomiese herstel ná die impak van die Covid-19-pandemie, terwyl die aanvraag na uraan groei soos kernkrag deur Amerika en China meer herkenning kry as ’n skoon, volhoubare en veilige energiebron, sê hy.

“Die verskuiwing in beleid oraloor die wêreld om kernkrag te ondersteun, en die toenemende aantal kernkragaanlegte wat ontwikkel word, dryf die geleidelike, maar groeiende aanvraag na uraan,” sê hy.

[email protected]

FOTO
Mnr. Veston Malango

Kommentaar

Republikein 2024-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!