Mynbou weer in sak en as
Mynbouproduksie het in Augustus met 3,2% teruggesak.
Elvira Wood – Die hoop dat die mynbousektor weer ’n herlewing toon, was van korte duur.
Ná verrassende groei van 2,4% in minerale wat in Julie ontgin is teenoor ’n jaar tevore, het mynbouproduksie in Augustus met 3,2% teruggesak.
In Junie was die syfer -4,1%.
Die groot sondaars wat tot dié inkrimping bygedra het was platinumgroepmetale (PGM’e) (-12,5%), diamante (-29,8%) en steenkool (-3,4%).
Die land het darem 34,3% meer mangaanerts ontgin as ’n jaar tevore.
Dit is luidens die jongste syfers wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) Donderdag gepubliseer het.
Seisoensaangepaste syfers wys egter mynbouproduksie het in Augustus wel met 0,3% gegroei teenoor Julie. Dit volg op ’n maand-tot-maand-daling van 4,9% in Julie, maar groei van 2,4% in Junie.
Oor die drie maande tot einde Augustus het produksie met 1,3% toegeneem teenoor die voorafgaande drie maande.
Volgens Kamilla Kaplan, ekonoom by Investec, was die daling te verwagte. Sy het Donderdagoggend in ’n nota gewaarsku dat swak plaaslike vraag en kommer oor internasionale gebeure druk op die sektor kan plaas.
Sy sê ook dat stadiger groei in China en die VSA die internasionale vraag na hulpbronne kan laat daal.
Verkoopsyfers
Verkope was in Augustus 7,1% hoër as in die ooreenstemmende maand in 2018. Dit volg op die skerp toename van 19,1% Julie.
Verkope van ystererts (+31,2%), PGM’e (+15,2%), goud (+19%) en ander metaalagtige minerale (+67,6%) het gestyg.
Op ’n maandgrondslag het verkope in Augustus met 2,5% gedaal teenoor Julie. Dit volg op ’n maand-tot-maand-styging van 3,2% in Julie en ’n daling van 2,1% in Junie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie