Myngroep soek oudwerkers met longsiektes
Myngroep soek oudwerkers met longsiektes

Myngroep soek oudwerkers met longsiektes

Harmony Gold sê hy vorder met die opsporing van oudwerknemers aan wie vergoeding weens mynverwante longsiektes ver­skuldig is.

Hy het met 'n spesiale aksieplan begin om sy oudwerknemers in die Vrystaat op te spoor en die vergoedingstelsel vir beroepsverwante longsiektes te verbeter. Dié veldtog word saam met die nasionale departement van gesondheid se Projek Ku-Riha gevoer wat in die middel van 2015 van stapel gestuur is.

Volgens 'n onlangse mediaverklaring deur die myngroep is die doel van Projek Ku-Riha om die agterstand met die uitbetaling van dié eise te verklein en te verseker dat eise vinniger en doeltreffender uitbetaal word.

Tot op datum het Harmony meer as 7 500 voormalige mynwerkers opgespoor. Hiervan is meer as 150 met hul uitstaande ­vergoedingseise bygestaan. Meer as 18 500 huishoudings is besoek.

Nóg 'n projek, Reconnect, wat saam met Teba, 'n werwingsorganisasie vir die mynbedryf, begin is om in kontak met voormalige Harmony-werknemers te bly, is met Projek Ku-Riha saamgesnoer. Harmony se eie Reconnect-aksieplan is op 5 Junie in Matjhabeng bekend gestel met deur-tot-deur-besoeke in ver­skeie munisipale wyke.

“Harmony probeer tans sowat 800 voormalige werknemers in Matjhabeng opspoor wat volgens sy berekenings onbetaalde vergoedingseise het,” lui die verklaring deur die myngroep.

Intussen het Teba sedert die begin van Augustus die administrasie van die Reconnect-projek oorgeneem. Mense wat meen dat hulle vir vergoeding weens mynverwante longsiektes in aanmerking kom, kan Teba se kantoor in Stateway-weg 445, Welkom, besoek of die tolvrye nommer 0800 58 74 42 skakel.

Harmony waarsku ook dat hierdie diens gratis is en indien enigeen geld vra om voormalige werknemers met 'n vergoedingseis by te staan, is dit bedrog. Sulke bedrog kan by Harmony se teenbedrog-klagtelyn aan­gemeld word by 0800 21 23 39 of by Teba se soortgelyke diens by 0800 87 22 14.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!