Mynmaatskappy ploeg terug in Uis-gemeenskap

Die Uis Tin Mining Company (AfriTin Mining) het onlangs twee projekte aangepak met die doel om die gemeenskap van Uis op te hef, asook om positiewe verandering vir die omgewing te bring.

‘n Maandelikse voedingskema wat ten volle deur die maatskappy geborg word, is daarop gemik om honger onder die jong inwoners van die dorp te verlig. Hierdie projek voed maandeliks byna 40 mense waarvan die meeste jonger as 14 jaar oud is.

Die maatskappy het onlangs kospakkies aan die Laerskool Brandberg geskenk, wat sowat 200 kinders akkommodeer. Die skoolhoof, me. Lourencia Ganinas, het gesê: “Ons is baie dankbaar vir die skenking wat sal help om ons kinders ordentlik te voed sodat hulle beter op hul skoolwerk kan fokus”.

Die kospakkies bevat onder meer mieliemeel, tee, soppakkies en macaroni. Hierdie projek vorm deel van ‘n langtermyndoelwit van die mynmaatskappy om ‘n positiewe impak op die gemeenskap en sy mense te maak.

Die tweede inisiatief wat die maatskappy onlangs van stapel gestuur het, was ‘n opruim- en skoonmaakprojek.

Hierdie projek is ‘n langverwagte en broodnodige inisiatief vir die inwoners van Uis, wat ver moet stap om van rommel of afvalboumateriaal ontslae te raak. Weens ‘n gebrek aan toegang tot vervoerdienste word baie van hierdie rommel in verskeie dele van die dorp weggegooi, aangesien die dorp se vullishoop ‘n paar kilometer buite die dorp geleë is.

Die mynmaatskappy en Nexus Group Holdings het op 22 November kragte saamgespan om met drie vragmotors en een laaiwa die meeste van die rommel wat in die dorp rondgelê het, te verwyder. Ná ‘n poging wat sowat 10 uur geneem het, kan die dorp nou trots wees op ‘n skoner omgewing.

Volgens die maatskappy is projekte van hierdie aard deurlopend en sal dit plaasvind soos die behoefte ontstaan.

“Uis Tin Mining is daartoe verbind om ‘n positiewe verskil vir die dorp, sy inwoners en natuurlik die omgewing te maak,” lui ‘n mediaverklaring wat onlangs uitgereik is. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!