• Tuisblad
  • Sake
  • Mynreus moet weens staking R1,8 mjd. insamel
Mynreus moet weens staking R1,8 mjd. insamel
Mynreus moet weens staking R1,8 mjd. insamel

Mynreus moet weens staking R1,8 mjd. insamel

Elvira Wood



Die mynmaatskappy Sibanye-Stillwater wil R1,8 miljard met 'n boekbouproses insamel.

Die maatskappy sê Dinsdagaand in 'n verklaring dat probleme by sy goudmyne, die invloed van die Amcu-staking én die komende onderhandelinge oor lone by sy platinummyne, hom genoop het om dié stap te neem.

Sibanye-Stillwater gaan 108 932 356 aandele, wat 5% van sy bestaande getal aandele verteenwoordig aan “sekere institusionele beleggers” aanbied.

JP Morgan Securities gaan die boekbou hanteer.

Staking

Die staking deur Amcu kom Sibanye-Stillwater duur te staan.

Hy sê in die verklaring sy goudproduksie gedurende die eerste kwartaal van 2019 beloop net 36% van wat hy in die ooreenstemmende tydperk 'n jaar tevore geproduseer het.

Die verwagte 104 000 fynons goud wat wel geproduseer is, is 90% van wat Sibanye-Stillwater gehoop het om onder staaktoestande te lewer.

Amcu staak reeds sedert 21 November by Sibanye-Stillwater se goudmyne oor lone.

In die jongste verwikkeling wat die staking betref, het Sibanye-Stillwater Maandag aangekondig hy beplan om die arbeidshof te nader en dit onwettig te laat verklaar.

Luidens die maatskappy het hy bewyse dat Amcu nié die meerderheid van sy werkers verteenwoordig nie.

Amcu stem egter nie saam nie.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!