Nu00e1 100 dae kry Cyril oral regmerkies
Nu00e1 100 dae kry Cyril oral regmerkies

Ná 100 dae kry Cyril oral regmerkies

Suid-Afrikaners meen die nuwe staatshoof kwyt hom goed van sy taak om dié land te bestuur.
Jan de Lange - Ná sy eerste 100 dae in die tuig dink bykans twee derdes van geregistreerde kiesers Suid-Afrika word reg bestuur onder pres. Cyril Ramaphosa.

Altesame 82% meen ook dat Ramaphosa hom goed van sy taak kwyt om die ANC te bestuur.

Dit is die resultate van 'n peiling wat die mark­navorser Ipsos Dinsdag gedoen het onder 750 kiesers, almal selfoongebruikers, wat ewekansig uitgesoek is vir onderhoude om hul menings oor die eerste 100 dae van Ramaphosa se bewind te toets.

Sowat 92% van alle Suid-Afrikaners het toegang tot selfone, wat dit moontlik maak om die toets so na as moontlik aan Ramaphosa se 100ste dag in die warm stoel te maak.

Die resultate wys 63% van kiesers meen die land is op die regte koers onder die nuwe leierskap. Ramaphosa kan egter nie op sy louere rus nie, want 28% van deelnemers aan die peiling is onseker daaroor of die land regtig op die regte koers is.

Dié uitslag is feitlik presies die teenoorgestelde van 'n soortgelyke peiling wat Ipsos ses maande gelede in November gedoen het toe oudpres. Jacob Zuma nog aan die stuur was.

In daardie stadium was die regerende party se plan dat Zuma tot diep in 2019 die land sou regeer. Tóé het twee derdes van die land se inwoners geglo die land word in die verkeerde rigting gestuur.

Die ANC kan dus waar­skynlik staatmaak op 52% kiesersteun as daar nou 'n verkiesing gehou word.

In die November-peiling is deelnemers gevra om Ramaphosa 'n punt uit 10 te gee. Die uitslag was 6,07.

Dieselfde gradering is in Dinsdag se peiling gedoen, maar toe was die uitslag 6,7 uit 10.

In Dinsdag se peiling is besluit om ook die mate van goedkeuring vir sy bestuur van die ANC te meet – juis omdat daar soveel faksiegevegte in die party is.

Die uitslag was dat die manier waarop hy die ANC bestuur die goedkeuring wegdra van 77% van die deelnemers aan die peiling en dat 6% ontevrede is daarmee.

Die oorblywende 17% was onseker.

Die groot vraag, of hy genoeg doen om die ANC in die komende algemene verkiesing deur die drif te trek, is egter nie heeltemal beantwoord nie.

Die deelnemers aan die peiling is gevra om aan te dui of hulle vir die ANC onder die leierskap van Ramaphosa sou stem.

In antwoord daarop het 28% gesê dis hoogs waar­skynlik, en 24% meen hulle sal waarskynlik vir die ANC stem.

Die ANC kan dus waar­skynlik staatmaak op 52% kiesersteun as daar nou 'n verkiesing gehou sou word.

Altesame 24% het geantwoord dat hulle onseker is of hulle hul kruisie agter Ramaphosa se ANC sou trek. Vorige soortgelyke peilings in Suid-Afrika wys dat kiesers wat onseker is, op stemdag meestal vir die ANC stem.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!