Ná 83 jaar, lopende water
Die nuwe waterpompe sal die risiko van
Tanja Bause – “Ek sit hier in 'n woestyn en dit is nie maklik nie. Ek het gebid en gehuil en die Here het my gehoor en my trane afgevee en vir julle gestuur. Nou glimlag ek en ek is bly.”
So het ouma Else !Naibas (83) gesê nadat Elephant-Human Relations Aid (EHRA) onlangs vir haar 'n sonkragwaterpomp geïnstalleer het.
Ouma woon op Loerkop Pos, 'n klein stuk grond in die Kunenestreek sowat 70 kilometer suidwes van Khorixas wat sy gedurende die hervestigingsproses ontvang het. Ouma self het ses kinders van wie twee oorlede is.
Sy het ook van haar suster se kinders ingeneem nadat haar susters oorlede is.
Ouma het in 1967, toe sy 30 jaar oud was, op Loerkop Pos aangekom en sy het nog nooit lopende water in haar woning gehad nie.
“Ek het altyd my water by die dieselpomp sowat 200 meter vanaf my huis loop haal en dit na my huis toe gedra. Nou het ek water in my huis. Ek draai die kraan en daar is water in my kombuis en dit is alles moontlik gemaak deur die mense van EHRA,” het sy gesê.
Ouma, wat die maandelikse pensioen van N$1 300 van die regering ontvang, is 'n bestaansboer met 'n paar bokke en skape.
“Van daai geld het ek ook diesel en olie vir die pomp gekoop, wat nou met die nuwe sonkragpomp nie meer nodig is nie.”
EHRA het geld ontvang om vier sonkragwaterpompe aan te skaf en te installeer. Drie daarvan is reeds op Ohaserawe, Otjiperongo en Loerkop Pos geïnstalleer.
Mnr. Markus Shiweda, veldgids en bewaringsbestuurder van EHRA, het die projek gekoördineer.
“Die nuwe sonkragpompe sal die oorspronklike dieselpompe vervang. Deur die installering het die gemeenskappe nou 'n waterpomp sonder dat hulle geld vir diesel moet uitgee, wat 'n groot verligting is omdat die water ook deur vee en wilde diere soos die woestynaangepaste olifante gebruik word. Die hoeveelheid water wat daagliks gepomp moet word, is dus etlike honderd liters.”
Volgens Shiweda het die gemeenskappe in die verlede net genoeg water vir hul huishoudelike gebruik en hul vee gepomp, wat beteken het dat die olifant na hul opstalle beweeg het op soek na water.
“Die olifante het die watertenks en pyplyne beskadig op soek na water. Deur die vervanging van die pompe het die risiko van mens-dier-konflik in die nedersettings veel laer geword.
“Olifante het dikwels na my huis toe beweeg op soek na water. Dit is eers nou met die onlangse droogte dat hulle nie meer kom nie. Maar ek het altyd seker gemaak dat daar genoeg water vir hulle beskikbaar is sodat hulle nie naby my huis kom nie en hulle het nooit,” het ouma Else gesê.
Die Namibiese geohidroloog mnr. Frank Bockmühl het die projek ondersteun om te verseker dat die pompe effektief gedurende die dag werk sodat dat altyd genoeg water vir almal is.
Die drie Rotariërklubs Grand Cayman, Van Wyk auf Föhr asook Swakopmund het geld vir die pompe geskenk en EHRA was verantwoordelik vir die vervoer en installering daarvan.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie