'n Appel ’n dag laat die dokter opdaag
Indien Namibiërs wonder wat die Kankervereniging van Namibië (CAN) met die geld doen wat deur hul appelprojek ingesamel word, hier is die antwoord.
Mnr. Rolf Hansen, CAN se uitvoerende hoof, sê: "'n Appel verseker dat die dokter jou ook besoek!"
Met meer as 10 Namibiërs wat daagliks in die land met kanker gediagnoseer word, het die stryd teen dié siekte 'n nuwe era van proaktiewe optrede ingelei.
CAN het in die lig hiervan gemeenskapsuitreikprogramme begin om Namibiërs van kanker bewus te maak en ook om hulle vir die siekte te laat toets.
Hulle lei ook geregistreerde verpleegsters van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) op om dié dienste te kan lewer.
Die nasionale kankeruitreikprogram is in Augustus 2015 begin om in die behoefte van landswye onderrig en bewusmaking te voorsien, terwyl toetse vir die siekte 'n prioriteit is.
"Baie Namibiërs in landelike gebiede dra nie kennis van kanker nie, en het nog nooit 'n papsmeer gehad nie. Hulle weet ook nie enigiets oor borskanker nie," verduidelik Hansen.
"Mans is nie bewus daarvan dat seksueel oordraagbare siektes, virusse en veral die HPV- en MIV-virusse tot die ontwikkeling van kanker bydra nie. Hulle moet hiervan bewus gemaak word om hulself en die vroue in ons gemeenskappe te beskerm," het Hansen gesê.
Sedert Januarie is meer as 5 000 Namibiërs, van Katima Mulilo tot Oranjemund, deur die uitreikprogram gratis vir bors-, servikale, prostaat- en testikulêre kanker getoets.
Dit danksy 'n gedeelte van die geld wat deur Bank Windhoek se appels vir kanker-projek ingesamel is.
Die belegging wat vanjaar alleen deur CAN gemaak is met dié program, beloop reeds meer as N$2,7 miljoen.
"Dit is noodsaaklik dat ons fokus op die langtermynvisie om kanker in ons land te beveg. Dit behels dat soveel Namibiërs moontlik bewus gemaak word en getoets word. Voorkoming bly maar steeds die beste kuur vir kanker," sê suster Christy Kavetuna van CAN.
Die uitreikspan het verlede week Otjiwarongo, Outjo, Khorixas, Tsumeb en Grootfontein besoek. Tydens die besoek is meer as 712 pasiënte getoets en 23 geregistreerde verpleegsters is opgelei.
Uitreike is reeds in die Zambezi-, Kavango-, Omaheke-, Khomas-, Hardap- en //Kharasstreek gedoen, terwyl werk op Walvisbaai ook gedoen is.
Die finale uitreik sal volgens plan in Augustus in die Opuwo en die Ohangwena- en Omusatistreek plaasvind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie